Cosatu trek ‘n Vrystaatse Penny Sparrow

Deel op

Drie studente van die Universiteit van die Vrystaat staar dissiplinêre optrede in die gesig nadat hulle water in die gesig van ‘n sekuriteitswag by een van hekke van die instelling gespuit het.

Volgens UV-woordvoerder, Lacea Loader, universiteitswoordvoerder is ‘n klagte ontvang op 16 Augustus. Loader sê die dissiplinêre verhoor is geskeduleer op ‘n dringende basis vir 1 September.

In ‘n verklaring wat uitgereik is Woensdag, het die Vrystaatse tak van Cosatu die aanval deur “wit rassiste” betreur en die studente sonder meer as “wit barbare en rasdwepers” uitgekryt.

Hulle beweer dat die swart vroulike veiligheidswag in die gesig gespuit is met “urine”, kennelik om ‘n bietjie Reitz4-voordeel te trek uit die voorval.

Gedurende die Reitz4-voorval is ook beweer dat swart skoonmakers “urine” moes drink, ‘n totale versinsel wat nooit in die media reggestel is nie.

Die drie studente is teruggestuur deur die wag na hul koshuis omdat hulle hul studentekaarte vergeet het.

In videomateriaal, is dit duidelik dat ‘n student aan die passasierskant van die voertuig iets spuit, het sy gesê.

“Ons deel die pyn, vernedering en verleentheid wat die arme werker gevoel het toe die voorval plaasgevind het. Ons veroordeel hierdie wit barbare en rasdwepers,” het Cosatu gesê in hul kollektiewe aanval op wittes.

Penny Sparrow is vir ‘n soortgelyke oortreding beboet omdat sy kollektief na swart morsjorse as “ape” verwys het.

Cosatu sonder egter nie enige wit groep uit nie, maar maak ‘n algemene anti-wit stelling, en erger nog eis hulle dat alle wit mans in die Vrystaat ‘n skulderkenning doen vir die voorval.

“Dit is beide ‘n rassistiese en ‘n patriargale aanval op hierdie werker en ons doen ‘n beroep op alle wit mense en mans in die provinsie om dit te verwerp en dit duidelik te maak dat dit nie in hul naam gedoen is nie.”

In ‘n ander voorval, sal ‘n dosent aan die Universiteit dissiplinêre stappe moet trotseer omdat hy een van die vrae ingesluit het in die Afrikaanse weergawe van ‘n vraestel, terwyl dit is uitgesluit was in die Engelse weergawe.

Die dosent sê dat dit ‘n eerlike fout en nie opsetlik nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.