Nzimande: 0% fooitoename kan 19 universiteite ‘disfunksioneel’ maak

Deel op

Die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Blade Nzimande, sê hy sal binnekort aankondig hoeveel geld universiteite vir die 2017 akademiese jaar sal kry.

Nzimande het gereageer op ‘n verslag van die Raad vir Hoër Onderwys oor die vasstelling van die verhoging in klasgeld vir universiteite.

Die Raad het daarop gewys dat sowat 19 universiteite finansieel slegter af sal wees indien die voorgestelde nul persent verhoging toegestaan word.

As die verhoging op die verbruikersprysindeks, tans teen 6%, gebaseer word, sou sowat tien universiteite nie kan voortgaan nie.

Die Minister sê die verslag het ook aan die lig gebring dat die reuse onderbefondsing van universiteite ook onvermydelik die volhoubaarheid van die hoër onderwysstelsel bedreig.

Hy sê daar is nog geen besluit oor enige van die aanbevelings geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.