Frankryk ontplooi 3000 reserwemagte om skole te beveilig

Deel op

Frankryk sal sowat 3000 reserwetroepe ontplooi om veiligheid by skole te voorsien, het die ministers onderwys en sekuriteit aangekondig.

Anti-terreur maatreëls daarop gerig om studente vir moontlike aanvalle voor te berei, is ook opgeskerp.

Ongeveer 12 miljoen Franse skoolkinders maak reg om terug te gaan skool toe op 1 September wanneer die nuwe skooljaar begin, maar die regering is ook druk besig om planne van sy eie te maak vir dié geleentheid.

Dit is gemik op die beskerming van leerlinge en om hulle voor te berei vir terreuraanvalle op hul skole.

Alle leerlinge tussen die ouderdomme van 13-14 sal basiese noodhulp leer, om bystand te kan verleen aan klasmaats in ‘n nagmerrie scenario. Op die oomblik kan slegs 30 persent van leerlinge noodhulp toepas, het die minister van onderwys, Najat Vallaud-Belkacem gesê by ‘n perskonferensie Woensdag, luidens AP.

Ongeveer 500 skooladministrateurs sal ook elke jaar opgelei word by die nasionale krisisopleidingsentrum om op te kan tree as skakeling met sekuriteitamptenare ten tye van ‘n aanval.

Vallaud-Belkacem het tydens die perskonferensie gesê dat die nuwe planne “nie bedoel is om paniek te saai of paranoia nie,” maar het toegegee dat “die bedreiging hoog is, dit is ‘n werklikheid.”

Kinders tussen die ouderdomme van 2 en 6 sal ook aan ontruimingoefeninge deelneem, maar nie vertel word van terreur nie. Hulle sal gemaan word om stil te bly en weg te kruip tydens die “speletjie”.

Intussen het ‘n militante wit skadugroep op die Franse eiland Korsika gewaarsku dat die Islamitiese staat (ISIS) teenstand van hulle kan verwag.

‘n Splintergroep van die belangrikste FLNC-separatiste organisasie, het aan Corse Matin gesê, ‘n plaaslike koerant, dat enige een wat ‘n terreurdaad uitvoer op Korsikaans grondgebied met ‘n “vasberade reaksie sonder enige aarseling” kan reken.

Hulle het bygevoeg dat die Franse regering grootliks te blameer sou wees indien so ‘n aanval wel plaasvind.

“Die doel van die Moslemterroriste is duidelik om Isis hier te installeer en ons is bereid om dit keer,” het die gemaskerde groep gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.