Finne en asielsoekers pak mekaar in bloedige botsing

Deel op

‘n Bloedige geveg ​​tussen Finse burgers en immigrante het in die dorp van Forssa, geleë in suidelike deel van die land, plaasgevind.

Sowat 100 mense gewapen met stokke en pype was betrokke by die skermutseling voor ‘n plaaslike asielsentrum.

Finne het glo die migrante eerste Dinsdagaand aangeval, volgens berigte in die hoofstroommedia.

Maar in aanlynberigte het twee immigrante (foto bo) ‘n 15-jarige Finse seun eerste aangeval en ernstig beseer. In reaksie hierop het die inwoners glo voor die asielsentrum byeengekom om die twee skuldiges wat daar geskuil het, uit te roep.

Getuies beskryf ‘n groot groep mans van die plaaslike bevolking wat voor die asielsentrum byeengekom het. Gevegte het daarna tussen hulle en die immigrante uitgebreek, het die Finse uitsaaidiens YLE berig.

Die jongste botsings kom te midde van ‘n groeiende aantal botsings tussen die plaaslike bevolking en immigrante oor ‘n nuwe asielsentrum wat gebou word in Forssa.

Beide groepe het wapens soos soos stokke en pype gebruik, het die polisie gesê. Vyf mense is na bewering beseer en twee van die deelnemers is in hegtenis geneem, volgens YLE.

Die polisie het meer mense wat betrokke was by die geveg aangemoedig om na vore te kom.

Volgens die beamptes, was sowat 100 mense betrokke by die botsing. Maar die presiese getal is onduidelik, aangesien albei groepe skoongemaak het voordat die polisie opgedaag het.

“Ek hoop dat almal wat ‘n besering opgedoen het, die polisie in kennis sal stel,” het Tomi Repo van Forssa se polisiestasie gesê. “Die polisie is net bewus van ‘n baie klein aantal beserings, maar ek glo dat daar nog baie meer is.”

Die plaaslike munisipaliteit is besig om ‘n komitee saam te stel wat sal probeer om die onlangse vlaag van geweld in die dorp aan te spreek.

“Ek hoop mense verstaan ​​geweld en hierdie soort aanvalle is altyd verkeerd, aan beide kante, en niemand sluit by hulle aan nie,” sê Kaisa Lepola, voorsitter van die dorpsraad.

Intussen het inwoners ‘n protesoptog vir Donderdag gereël waar hulle van plan is om teen die verwelkoming van meer migrante te velde te trek.

Irakse man is in Julie in hegtenis geneem in Finland op die vermoede van ‘n terroriste-verwante moord en oorlogsmisdade. Die man het vermoedelik as ‘n asielsoeker in Finland aangeland.

Die 24-jarige man is deur die Finse Nasionale Buro van Ondersoek in samewerking met die plaaslike polisie-afdeling vasgevat.

Jari Raty, hoofinspekteur by die Departement Sentrale Kriminele Polisie, het gesê die man was na bewering betrokke by die Kamp Speicher-slagting deur ISIS in 2014. Sowat 1000 tot 1700 ongewapende kadette is dood in die voorval.

In Desember verlede jaar, is twee 23-jarige Irakse tweelingbroers wat ook met die Kamp Speicher-slagting verbind word, gevang deur die Finse polisie in Forssa.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.