Selfmoordbomaanval deur kind in Irak gefnuik

Deel op

Dramatiese videomateriaal het na vore gekom van die Irakse polisie wat ‘n selfmoordplofgordel van ‘n kind afhaal, vermoedelik voor nog ‘n selfmoordbomaanvalpoging van ISIS.

Die beeldmateriaal toon hoe sekuriteitspersoneel ‘n sigbaar ontstelde seuntjie in toom hou, terwyl hulle sorgvuldig die gordel van die bolyf die jeugdige in Kirkuk afsny.

Nadat die band verwyder is, word die seun opgeraap en weggeneem.

Koerdistan24, ‘n nuusstasie in Irbil, Irak, het Sondag die beelde uitgesaai.

Owerhede het gesê hulle glo die 15-jarige het ‘n week gelede van Mosul na Kirkuk gekom, ISIS se belangrikste vesting buite Sirië.

Die arrestasie in Kirkuk kom ‘n dag nadat ‘n kind ‘n Koerdiese troue in Turkye in ‘n selfmoordaanval geteiken het.

Meer as 20 van die slagoffers was kinders onder 14, het ‘n Turkse amptenaar gister gesê.

Die aanvaller wat Saterdagaand láát op ’n feesviering in die suidoostelike stad Gaziantep toegeslaan het, was tussen 12 en 14 jaar oud, het Turkye se pres. Tayyip Erdogan verklaar.

Die selfmoordbomaanvaller het laatnag op die troue toegeslaan. Daar was ’n enorme ontploffing tussen die mense was wat nog gedans het.

Bloed en liggaams­dele was daarna besaai oor die terrein, sê ooggetuies. Brand- en bloedvlekke was sigbaar teen die mure in die nou stegie waar die aanval plaasgevind het.

ISIS het ‘n geskiedenis van die misbruik van kinders deur middel van propaganda, maar meer onlangs word hulle aangewend as wapens op die voorste linies en om burgerlikes te teiken.

Die terroriste-groep beskik oor ‘n leër van kindersoldate – gesteel van hul families en geïndoktrineer om die “saak” te bevorder.

Hierdie sogenaamde kleintjies van die kalifaat word ingelyf in die veldtog van geweld, met kinders so jonk as 8 wat deelneem volgens VN-verslae.

“Ons het verslae van kinders, veral kinders wat verstandelik gestremd is, wat gebruik word as selfmoordbommers, waarskynlik sonder dat hulle self verstaan ​​wat gebeur of wat van hulle verwag word,” sê Renate Winter, ‘n VN-kinderregtespesialis.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.