Rand daal na Valke op Gordhan neerswiep

Deel op

Die DA het sy kommer uitgespreek oor berigte dat die minister van Finansies, Pravin Gordhan (foto), versoek is om môre by die Valke aan te meld en sê die stryd word nou op ‘n hoër vlak gevoer.

Volgens die brief wat Gordhan ontvang het, het die Valke hul ondersoek van vroeër vanjaar voltooi.

Dit hou verband met ‘n sogenaamde spioenasie-eenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens waarby Gordhan betrokke sou wees.

Die eenheid het na bewering gespioeneer op politici, onder wie President Jacob Zuma. Gordhan het voorheen reeds deur sy regsverteenwoordiger op die kwessie gereageer.

Die Inkomstediens, SAID het intussen ‘n rekenmeestersfirma Grant Thornton aangestel om ‘n forensiese ondersoek te onderneem na die modernisering- en tegnologieprogram wat in werking gestel is tussen 2007 en 2014 onder Gordhan.

Die Valke het reeds aangedui dat Gordhan, sy voormalige adjunk by die SAID Ivan Pillay, en drie ander senior voormalige amptenare krimineel aangekla kan word.

Die rand het intussen tot sy laagste vlak in drie weke teenoor die Amerikaanse dollar gedaal.

Die geldeenheid het in oornaghandel met bykans drie persent verswak teen die vernaamste internasionale geldeenhede na die nuus dat die Gordhan-ondersoek sal voortgaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.