EU open nuwe strategiese front teen NAVO

“Dus gaan ons ‘n EU-weermag saamstel…” Dit was die woorde van die Italiaanse premier Renzi, tydens die ontmoeting met sy ewekniëe in Italië.

Italië se premier, die Duitse kanselier, Angela Merkel en Frankryk se pres. Francois Hollande het Maandag op die vliegdekskip, die Guiseppe Garibaldi, byeengekom om dié aankondiging te maak.

Renzi sê dit moet nie as ‘n kuur vir chroniese werkloosheid onder die jeug in die suide van Europa gesien word nie, maar as ‘n teken van ‘n nuwe toekoms vir dieper Europese samewerking.

Renzi het in ‘n verklaring gesê dat Europa nou bereid is om sy plek in te neem in die wêreld.

Brittanje het nog altyd planne vir ‘n sogenaamde “EU-weermag” probeer fnuik, met die argument dat dit NAVO se rol sou ondermyn as die hoeksteen van Europese verdediging.

Dit is nooit hardop gesê nie, maar dit was juis ook die hoeksteen van Britse invloed in Washington en by die NAVO-konferensietafel.

Maar met Brittanje “uit”, is Europa nou vasbeslote om hierdie nuwe strategiese front te open.

Soos die besluit om die perskonferensie op die Italiaanse vliegdekskip Garibaldi te hou, geanker naby die graf terrein van Altiero Spinelli, een van die intellektuele vaders van Europese federalisme.

Die simboliek was doelbewus.

Wat belangrik is, is dat die Duitse kanselier Angela Merkel, se regering ‘n witskrif vrygestel het wat pleit vir ‘n nuwe pan-Europese militêre bevelstruktuur net enkele dae na Brexit.

Merkel het saamgestem dat Europa “meer vir ons interne en eksterne veiligheid” moet doen.

Die verdrag van Lissabon maak voorsiening vir sulke samewerking.

Dit is ook wyd berig dat David Cameron ‘n ooreenkoms met Duitsland aangegaan het waar hy ingestem het om ‘n Euro-weermag te ondersteun in ruil die EU om die heronderhandeling van Brittanje se toetrede toe te laat.

Dit is nou duidelik dat die VK gaan sukkel om enige voordeel uit ‘n heronderhandeling te trek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ou Transvaal

    Raai wie gaan weer ‘n wereldoorlog veroorsaak in europa ;.wenk sy is nie ‘n EUROPEER nie.

  • JESSEJAMES

    Is dit nou goeie of slegter nuus?

  • Karel Combrinck

    Dit lyk na ‘n interessante berig waaroor ‘n mens meer wil weet en meer wil sê. Dit sou nog interessanter kon wees indien die laaste twee paragrawe herskryf kon word om sin te maak. Van watter heronderhandeling van Britse toetrede is hier sprake en toetrede tot wat?