Hillary lyk gedaan, sukkel met bottel agurkies

Deel op

Gerugte dat Hillary Clinton nie fisies geskik is vir die Withuis nie, wil nie gaan lê nie.

Maar die Demokratiese presidentskandidaat sê hierdie uitsprake kom van van die Republikeinse kandidaat, Donald Trump, en is deel van sy “mal strategie” en ‘n “alternatiewe realiteit”.

Clinton wil waarskynlik graag die aandag aflei van die nuus wat aanhoudend deursyfer oor kriminele bedrywighede rakende haar epos.

Trump het na die Clinton Foundation verwys in ‘n toespraak in Akron, Ohio, as ‘n “speel vir deel” toegangsroete vir buitelandse entiteite en regerings om invloed te koop in die VSA.

Hy het gesê haar optrede was krimineel en die gehoor het gedreunsing dat sy toegesluit moet word. Clinton verteenwoordig die korrupsie wat hoogty vier in Washington, waar invloed en besluite gekoop word, het hy gesê onder groot toejuiging.

Trump het ook verwys na haar Moslem-raadgewer, Huma Abedin, en haar ma wat ‘n fundementalistiese Moslem is. Albei dien op die redaksie van ‘n tydskrif wat fundementalisme bevorder.

Abedin se man, Anthony Weiner, ‘n ongeneeslike sekspes, het geen beheer oor homself nie, het Trump gesê. Hy het bygevoeg dat dié soort mens onder meer met staatsgeheime vertrou is.

Hillary, wat nie gesond lyk nie, het tydens ‘n opname van ABC se Jimmy Kimmel Live gesê. “Ek moet in ‘n alternatiewe realiteit instap en soos jy weet, vrae beantwoord of ek lewendig is en so aan.”

Clinton sê sy bevraagteken nie Trump se gesondheid nie en glo hy is “so gesond soos ‘n os.”

“Dit het een van hul temas geword,” sê sy. “Maak seker of ek lewendig is.”

Sy het daarna ‘n bottel agurkies met groot moeite oopgedraai – in haar “realiteit” – om te wys hoe gesond sy is. Maar die bottel was reeds vir haar oopgemaak want die kenmerkende geluid van die vakuum onder die deksel wat gebreek word, was hoorbaar afwesig.

Dit is die eerste keer dat Clinton teengekap het oor gerugte oor haar gesondheid, wat kommer wek onder haar eie ondersteuners.

Baie van die spekulasie spruit uit harsingskudding wat Clinton in Desember 2012 opgedoen het nadat sy flou geword het, ‘n episode wat haar dokter later aan ‘n maagvirus en ontwatering toegeskryf het, maar sy moes lank ‘n spesiale bril dra vir dubbelvisie na bloeding op die brein.

Dit word egter verswyg.

Dit is nou al byna ‘n jaar wat Clinton weier om enige mediakonferensies te hou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.