Karel Combrinck: Te veel geweet

Op 22 November 1963 is pres John F Kennedy van die VSA in Dallas, Texas, gedood deur die koeëls van ‘n sluipskutter. Die vermeende moordenaar, Lee Harvey Oswald is twee dae later, dws op 24 November, op sy beurt deur ‘n nagklubeienaar, Jacob Leon Rubinstein (Jack Ruby) doodgeskiet. Het Oswald te veel geweet? Hoeveel mense wat te veel geweet het, is nie in ons moderne tyd gewelddadig, of op “onverklaarbare wyse” dood of met ‘n koeëlwond in die kop aangetref “sonder dat misdaad vermoed word nie”? Dolksteke in donker hoekies is nie ‘n gebruik wat met die Borgias uitgesterf het nie.

Gedurende die drie jaar wat gevolg het op die moord op pres Kennedy het agtien belangrike getuies in die ondersoek na die moord die lewe gelaat – ses deur geweer- of pistoolskote, drie in motorongelukke, twee deur selfmoord, een keelaf gesny, een van ‘n karatekap na die nek, drie van hartaanvalle en twee aan “natuurlike oorsake”.

Ons bly vireers in Amerika, hierdie keer rondom gebeure in die aanloop tot die huidige presidentsverkiesing :

In Julie vanjaar het Shawn Lucas, ‘n regsgeding aanhangig gemaak teen die Demokratiese Nasionale Kongres op grond daarvan dat hulle deur ‘n bedrieglike geknoei 50% van Bernie Sanders se stemme op Hillary Clinton laat oorgaan het. Dit het gevolg op onweerlegbare onthullings van bedrog deur WikiLeaks. Lucas, ‘n gesonde jong man, is op die 2de van vandeesmand dood in sy badkamer aangetref. Die Polisie het geen doodsoorsaak bekendgemaak nie.

‘n Werknemer van die Demokratiese Party, Seth Conrad Rich, 27 jaar oud, is ‘n bietjie meer as ‘n maand gelede dood op pad na die kantore van die FBI waar hy onthullings wou gaan maak. Hy het ook ‘n groot aantal kompromitterende e-posse van die Demokratiese Party aan WikiLeaks verstrek. Die polisie-ondersoek het op 8 Julie bevind dat Rich vermoor is.

Victor Thorn, ‘n vooraanstaande Amerikaanse skrywer wat dit gewaag het om die Clintons te kritiseer, het op die eerste van vandeesmaand selfmoord gepleeg. Interessant genoeg was die titel van een van sy boeke: Hillary (and Bill) : The murder volume. Hy was 54 jaar oud.

Nog ‘n persoon wat ‘n afspraak met die FBI gehad het om getuienis te gaan aflê in ‘n ondersoek na Hillary Clinton en die Demokratiese Party, John Ashe, ‘n voormalige voorsitter van die Algemene Vergadering van die VN, is op 22 Junie dood toe hy sy eie strot toegedruk het terwyl hy besig was om met gewigte te oefen! ‘n Volledige verslag van die nadoodse ondersoek sal egter eers na vier maande uitgereik word.

Mike Flynn, ‘n koerantredakteur, is op 23 Junie in sy huis dood. Sy weduwee wou nie aan die media sê wat die oorsaak was nie. Flynn se laaste artikel is gepubliseer op die dag van sy dood : “The Clintons’ money”. Flynn was 39.

Na hierdie inleidende opmerkings kom ons uiteindelik by Suid-Afrika waar ons blaadjie wat hierdie dinge betref ook nie van die skoonste is nie. Dink maar aan die moord op Dr Robert Smit en sy vrou Jeanne-Cora op 22 November 1977. Waarom? Te veel geweet?

In ‘n onderhoud met die Cape Times vanjaar sê Pik Botha dat hy gehoor het van bewerings dat dr Smit vermoor is omdat hy besonderhede van ‘n “slush fund” in Amerika wou bekendmaak, maar dat ons geen bewyse daarvoor het nie. Pik Botha self weet dus niks van ‘n “slush fund” van Suid-Afrikaanse oorsprong in Amerika nie. “Slush fund” is duidelik ‘n soort eufemisme vir wat werklik ter sprake was.

Ten tye van die moord op dr en mev Smit en daarna was daar wysneuse in die media en elders wat die skuld wou pak op dr Rhoodie se Departement van Inligting. As dr Smit vermoor is omdat hy geweet het van geld wat in die buiteland versteek was, sou dit moes gewees het vir bedrae wat oneindig groter was as dít waarvan die Departement van Inligting ooit kon droom. Ter illustrasie: In ‘n verslag gedateer Oktober 1998 van die Duitse intelligensiediens met verwysingsnommer MZ/HRB/10-10/98 ser. Noj/IBI, geklassifiseer “Uiters Geheim” aan Gerhard Laubscher van die Suid-Afrikaanse Intelligensiediens word melding gemaak word van die “verdwyning” van $223 104 000 008 uit die Suid-Afrikaanse ekonomie deur “swart goud”-operasies. Swart goud beteken smokkelary en ander onderduimse bedrywighede. In die verslag word die name verstrek vn 47 senior lede van die Nasionale Partybewind wat betrokke was.

Dit was natuurlik maklik om iemand te blameer wat deur die Nasperspropaganda reeds in onguns gebring is, maar ten slotte was dit niks anders nie as ‘n rookskerm om die aandag weg te lei. Tot vandag toe is die polisieverslag van die ondersoek na die moord op die egpaar Smit nog steeds nie aan die publiek bekend nie.

Nog ‘n “onverklaarbare” moord is dié op mev Marike De Klerk. Sy is op 4 Desember 2001 in haar wooneenheid vermoor deur die veiligheidswag van die kompleks waar sy in Kaapstad gewoon het pas nadat sy twee maande lank op reis uit die woonstel afwesig was. As die motief vir die inbraak roof was, het die rower dus al die tyd in die wêreld gehad om haar woonstel te plunder sonder dat dit vir hom nodig sou wees om haar te vermoor, soos van haar famililede ook uitgewys het. In elk geval is daar niks uit mev De Klerk se woonstel gesteel nie. ‘n Selfoon was wel weg en het later die polisie gehelp om die moordenaar op te spoor. Tydens sy verhoor het die moordenaar skuldig gepleit en verder niks tot sy verdediging gesê nie.

Waarom op aarde sou iemand mev De Klerk wou vermoor ?

‘n Artikel op die Internet van 8 Des 2001 verwys na ‘n berig deur die joernalis, Freek Swart, wat kort ná mev De Klerk se dood in Rapport verskyn het. (Miskien kan ‘n leser help om die oorspronklike berig deur Freek Swart en die datum daarvan op te spoor. Dit moes iewers in 2001 gewees het.)

Nietemin, in die artikel haal Freek Swart speurders aan wat die saak ondersoek het en wat die mening uitspreek dat mev De Klerk moontlik vermoor is ten einde haar stil te maak, aangesien sy gedreig het om die polisie in te lig oor ‘n diamantsmokkelnetwerk waarby “iemand na aan haar” betrokke was. Daar was ook sprake van ‘n teleks wat sy ‘n dag of wat voor haar dood na Nederland gestuur het. ‘n Teleks aan ‘n uitgewer dalk? En die afwesigheid van twee maande. Waar was sy ? Juis op soek na ‘n uitgewer? Soos ons almal weet, is dit haas onmoontlik om in Suid-Afrika ‘n uitgewer te vind vir enigiets wat omstrede is en wat nie die konvensionele sienswyses van die Naspers weerspieël nie.

Die “mening” wat die speurders in die ondersoek na mev De Klerk se moord uitgespreek het, kan ook maar met ‘n knippie sout geneem word. Dit mag die soveelste rookskerm wees om die een of ander politieke poppemeester se doen en late te verberg. Net die naïefste onder ons sal glo dat die moord op mev De Klerk geskied het om enige ander rede as ‘n poging om die een of ander onderduimsheid van die Nasionale Partybewind te probeer toesmeer. Daarvoor het ons nie juis die “mening” van ‘n speurder nodig nie.

Die persone wie se name genoem is tydens die ondersoek na die moord op die Smit-egpaar is ook dood in omstandighede wat ‘n mens as “vreemd” kan beskryf. Berigte wat in 2006 verskyn het, bespiegel dat Dries Verwey wat in Oktober 1980 oënskynlik selfmoord gepleeg het, inderdaad “tereggestel” is. Phil Freeman is dood in ‘n “skietongeluk” in sy tuin vroeg in 1990.

In ‘n artikel wat op 3 Sept 2013 op Politicsweb gepubliseer is, skryf Roy Allen, ‘n voormalige offisier van die Veiligheidstak en Polisie Spesiale Taakmag wat in 1997 deur Beeld as die “hoofverdagte” in die moorde beskryf is, onder meer soos volg oor ‘n mede-beskuldigde Phil Freeman :

Phil Freeman was a fierce anti-Communist and a true patriot of South Africa and Western values. He was neither a criminal nor a thug!! I personally cannot see him becoming involved in something like this, just for the sake of protecting corrupt members of the National Party who might have been transferring Government monies to off-shore accounts for their personal enrichment. He was vehemently opposed to both the Broederbonders and the Freemasons, who seemed to have a 50/50% following in the SA Police/BfSS at the time.

Allen suggereer dus dat as Freeman by dr Smit se moord betrokke was, sou dit vir ‘n ander rede moes gewees het as ‘n gewone geldbedrogspul van Nasionale Partylede, ‘n praktyk wat skynbaar beskou is as ‘n skadelose tydverdryf.

Allen gaan voort:

In conclusion I am, sadly, of the opinion that the Smit murders will never be solved. This is a pity for their children who would like some closure on the matter – and my heart goes out to them…..The reasons that I believe this are twofold: It was the “perfect murder”, executed by professionals. The perpetrators are all dead.”

Wie is die “professionals”? Die “professionals” wat Allen in sy artikel beskryf en wat reeds dood is, lyk baie na Phil Freeman en Dries Verwey. (Sien ook nota onderaan). Is Freeman en Verwey op hulle beurt stilgemaak nadat hulle dr en mev Smit stilgemaak het ?

Maar om nog verder terug te gaan: Dr. Verwoerd is vermoor deur ‘n bode van die Parlement wat volle bewegingsvryheid in die Parlement en inderdaad in die raadsaal self gehad het, ten spyte van ‘n “wurm in die kop” en ten spyte daarvan dat dr Verwoerd se opvolger, John Vorster in daardie stadium minister van polisie en dus van staatsveiligheid was. Dit wil dus lyk asof “staatsveiligheid” alles ingesluit het behalwe die veiligheid van die eerste minister. Die moord op dr Verwoerd is nog een waarvoor daar weens geheimsinnigheid geen bevredigende verklaring is nie. Ons weet nie of daar iewers geld berokke was nie. Waarskynlik. Wat ons wel weet, is dat die lotgevalle van ‘n land en ‘n volk in die weegskaal was. Ons weet ook dat die man “met die wurm in die kop” nie alleen vir die moord verantwoordelik kon wees nie en dat hy gebruik is deur mense sonder wurms wat goed geweet het wat hulle doen.

Dan is daar natuurlik ook nog die vreemde gebeure toe FW de Klerk op 19 Desember 1992 23 senior weermagoffisiere asook duisende middelrangoffisiere afgedank het. Weliswaar het hy hulle nie vermoor nie, net uitgeskakel. Dit het gevolg op die afdanking van 19 polisiegeneraals enkele maande tevore. Waarom het hy dit gedoen? Die enigste rasionele verklaring is dat hy hulle afgedank het om te verhoed dat hulle ‘n stokkie kon steek voor sy kapitulasieplanne deur ‘n staatsgreep of op ‘n ander manier. Boonop het die weermagoffisiere self ook nooit na my wete ‘n woord oor hulle afdanking gerep nie. Gedweë en misplaaste “lojaliteit” en “pligsbesef”? Van watter “pligsbesef” kon daar na hulle afdanking nog sprake wees? Dalk op die een of ander manier beloon om stil te bly ? Dalk soveel op hulle kerfstok gehad dat hulle dit nie kon waag om iets te sê nie ? Een van hierdie redes sal dit wel wees. ‘n Mens kan maar net jou kop in skaamte laat sak. Waar was mense soos genl De Wet of genl De la Rey in ons uur van nood?

Daar sal seker weer kermkouse wees wat hierdie gedagtes as “samesweringsteorieë” sal probeer afmaak. Feit is egter is dat die aangeleenthede wat hier genoem is, gebeur het en dat iets of iemand daarvoor verantwoordelik was en vir bepaalde redes. By gebrek aan bevredigende verklarings van wat gebeur het, kan ons aan die hand van die beste beskikbare inligting net maar voortgaan om te bespiegel, so redelik en geloofwaardig as moontlik. As iemand ‘n beter verduideliking het, laat hom dit bring, ons sal graag daarvan hoor.

Nota 1

Die volgende is die verslag oor die Smit moorde soos vervat in die Waarheids- en versoeningskommissie waarvan lesers uiteraard met ‘n gepaste dosis skeptisisme sal kennis neem:

425. « Killings were also recorded inside the state by the security forces themselves; the victims were those whose loyalties were questioned or who represented a ‘weak link’ in the chain. A large number of the victims were askaris.

426. Mr Robert Smit, a former government representative at the IMF in Washington and National Party parliamentary candidate, and his wife Jean-Cora Smit, were shot and stabbed to death in what has been described as “an extremely professional hit” on 22 November 1977. The letters ‘RAU TEM’ were painted in red at the scene of the murder. Despite apparent intensive investigations the killings have remained unsolved for over twenty years.

427. During this period there have been persistent allegations that the killings were carried out by the South African security forces. A number of possible motives have been put forward: that Dr Smit had uncovered massive corruption and fraud involving extremely high-level government sources; that he was in possession of information relating to South Africa’s nuclear programme; or that the reason for the killings related to South Africa’s sanctions-busting activities, in which Dr Smit had been involved. Several people confirmed at the time that Dr Smit was in possession of information he had described as “explosive”.

428. Particular suspicion was directed at former members of BOSS’s alleged Z-squad and the SAP’s Special Task Team. Three names, Dries ‘Krullebol’ Verwey, Jack Widdowson and Roy Allen have repeatedly been associated with the killings. Verwey subsequently died in uncertain circumstances; both Widdowson and Allen, identified by two independent sources as having been in the area at the time of the killings, were named in the 1992 Steyn report as being connected to ‘third force’ activities. In addition, it is known that Dr Smit was due to meet with a Mr McDougal on the evening of his death. McDougal was the codename of a former Z squad operative, Phil Freeman, who has been named as a possible suspect in the Rick Turner killing.

429. Further allegations were that the investigation into the killings, conducted by members of the East Rand Murder and Robbery Squad, sought to cover up security force involvement. The investigation was conducted by the same SAP officer later responsible for the cover-up around RENAMO secretary general Orlando Christina’s killing. This officer was part of a joint SAP–SADF committee set up to assess the implication of Christina’s death and which recommended the killing of a number of people associated with Christina’s killing in order to conceal the then covert link between the SADF and RENAMO. Thus, while no evidence exists regarding this officer’s role in the Smit killings, his role in activities amounting both to cover-up and further unlawful actions has been established.

430. The Commission received no amnesty applications in respect of the Smits’ killings. Recent attempts by their daughter Liza to investigate her parents’ death, and her subsequent submission to the Commission, have been associated with death threats and possible attempts on her life. This tends to suggest a contemporary interest in ensuring that the facts surrounding the killings remain hidden, and points to a political agenda or at least one in which powerful – possibly financial – interests are vested.

431. While the Commission did not make significant headway in respect of these killings, it should be noted that the Attorney-General’s investigation confirms a politically motivated killing involving the security forces.

THE COMMISSION FINDS THAT ROBERT AND JEAN-CORA SMIT WERE KILLED BY MEMBERS OF THE SECURITY FORCES AND THAT THEIR DEATHS CONSTITUTE A GROSS VIOLATION OF HUMAN RIGHTS. »

Nota 2

Hierdie artikel is uitsluitlik gegrond op oop en algemeen beskikbare inligting en as daar verwysings is na geklassifiseerde bronne dan is dit verwysings na inligting wat reeds in die openbare media gepubliseer is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Ek weet van seker ministers wat by diamantsmokkelary betrokke was, dan het ek ook al gehoor dat verskeie mense wat teen no 1 opstaan ook stil-stil verdwyn (gerugte sê meer as 140 oor die laaste paar jaar). Dit is juis hierdie soort korruptheid van die ou NP bewind wat my so dwars in die krop steek.
    Hierdie laat mens dan ook wonder oor Johan Heyns se moord, Gert van Rooyen se selfmoord ens.
    Politiek bly maar ‘n vieslike spul.

  • Baie dankie Karel vir hierdie uiters insiggewende rubriek.
    Dit bevestig net by my dat ons land “melaats” is van korrupsie van watter aard ookal.
    Ons volkie dra swaar aan die smet daarvan , en ons glo en vertrou niemand meer nie.
    Die LEIER wat nou hier onder ons gaan opstaan om rigting en pas aan te dui sal weliswaar ‘n Godvresende man moet wees ” met ‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan”.
    Rondom hom sal daar soortgelyke manne en vroue moet wees wat net een doel sal nastreef, een van
    “Vir Volk en Vaderland”.

  • Ben

    ‘n Mens sou wou hoop dat vandag, met al die elektroniese inligtingskanale soos die een waarmee ons nou besig is, die wereld meer deursigtig is en dit moeiliker is om sulke wandade te pleeg. Soos verbruikersregte in ‘n winkel moet kiesers meer daarop aandring dat korrupsie nie geduld word nie.

  • Dave

    Werklik interessante artikel en bespiegelings, Karel. Baie leesbaar en dit het verseker heelwat speurwerk en bymekaarskraap van inligting gekos; inligting wat waarskynlik nie meer so geredelik beskikbaar is vanweë tydsverloop.
    Enkele weke na die moord op Robert Smit en sy vrou Jeane-Cora het ek minute voor ‘n politieke vergadering met Cas Greyling daaroor gesels. Oom Cas was die man wat Tsafendas van Dr Verwoerd afgepluk het. Ons het mekaar persoonlik geken omdat hy en my stiefpa vriende was. Hy het van Dr Smit gepraat as ‘Bertie’ so hulle het mekaar persoonlik geken maar hy het ook geen leidraad gehad oor wie die moordenaars was en waarom dit gedoen is nie.
    Een van die bespiegelings daardie jare was (en jy verwys ook daarna) dat Dr Smit die Inligtingskandaal (Eschel Roodie)wou bekend maak en dat hy daaroor stil gemaak is, maar te laat om dit te keer. Onthou ek reg dat Connie Mulder (snr) op ‘n manier daarby (Inligting) betrokke was?
    Op hierdie oomblik is daar weer meer vrae as antwoorde met die nuutste skandaal – die van Zuma vs Pravin Ghordan in gedagte.

  • Domkhonto

    Baie interesant – ons moet meer hieroor gesels.

  • Johan

    Ja’k, die agterbaksheid. Ek kan jou ‘n storie vertel waar die SA Veiligheidsdienste saam met die Transkeise Weermag gewerk het en sommer voor die voet skoon gemaak het – man, vrou en kind. Dit was 1988. Nou is party swart politici wat die kop geknik het, so heilig as kan kom.
    Wat De Kock gedoen het, kom nie eers amper by wat die nag gedoen was nie.

    • Dave

      Wanneer ek jou tipe stories lees verkies ek om te glo dat dit slegs stories is. Ek glo jou nie. Die manne in die veiligheidsdienste was immers nie robotte wat op instruksie ‘man, vrou en kind sou skoongemaak het nie’. Mense besef steeds dat hulle gewetes het om mee saam te leef. Miskien is dit selfbeskerming maar miskien is dit realisme wat sê ‘ek glo jou nie’. Die Boer is nie ‘n bloeddorstige moordenaar nie. Miskien is jy geplant om diè soort van storie te versprei.