Filippynse president roer dwelmnes, VN

Deel op

Altesaam 1 800 mense is in die Filippyne dood in dwelmverwante optrede, sedert pres. Rodrigo Duterte sewe weke gelede aan bewind gekom en ’n oorlog teen dwelms verklaar het.

Die hoof van die polisie, Ronald Dela Rosa, het gister ’n senaatkomitee meegedeel dat 712 dwelmhandelaars en gebruikers sedert 1 Julie in polisieoperasies dood is.

Die polisie ondersoek ook 1 067 ander dwelmverwante sterftes, het Dela Rosa gesê.

Die opmerkings kom ’n dag nadat Duterte die Verenigde Nasies (VN) aangeval het na hul kritiek oor die vlaag sterftes.

Duterte het Sondag op ’n laatnag mediakonferensie gesê die Filippyne kan die VN verlaat.

Hy het China en ander lande genooi om saam ’n nuwe globale forum te vorm omdat die VN nie geslaag het om sy mandaat uit te voer nie.

Duterte het ook die afdanking elke lid van sy administrasie wat aangestel is deur ‘n vorige president aangekondig.

Die skuif is die jongste in watter Duterte ‘n veldtog teen korrupsie noem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.