Dan Roodt as rubriekskrywer vir ‘altregse’ blad in VSA aangestel

Deel op

Dr. Dan Roodt van PRAAG is gister as tweeweeklikse rubriekskrywer vir die “altregse” Amerikaanse webblad, AmRen.com, aangestel. American Renaissance, soos dit bekendstaan, het onlangs die nuus gehaal in die Washington Post, New York Times en ander hoofstroom- Amerikaanse media weens die vermeende invloed daarvan op die veldtog van mnr. Donald Trump, die Republikeinse presidensiële kandidaat.

“Die gereelde rubriek sal my die geleentheid bied om Amerikaanse lesers in te lig oor wat in Suid-Afrika aangaan, veral hoe politieke en sosiale gebeure die Afrikaner- en blanke minderheid raak,” se Roodt. “Amerikaners stel al hoe meer in ons situasie belang omdat dit vir hulle leidrade verskaf oor waarheen hul eie land op pad is soos wat die demografie stadigaan kantel en hulle uiteindelik ‘n magtelose minderheid in hul eie land mag word, presies dít wat ons in Suid-Afrika geword het.”

Dan Roodt het onlangs ‘n artikel oor die skadukant van die Soweto-onluste, veral die moord op die Joodse maatskaplike werker, dr. Melville Edelstein, in American Renaissance gepubliseer. Hy was ook in Mei vanjaar ‘n spreker by die AmRen-konferensie wat naby Nashville, Tennessee gehou is en waar hy ‘n hele aantal eksemplare van sy opstel, Raiders of the Lost Empire, verkoop het. “Dis nogal ironies,” sê Roodt, “maar soms lyk dit asof die Amerikaners meer belangstel in wat ek oor Suid-Afrika te sê het as ons eie mense wat al so in ‘n staat van volslae breinspoeling verkeer dat hulle nie meer buite die heersende propaganda kan dink nie. Aan die ander kant is die aanslag op die Westerse beskawing totaal, en konvergeer ons situasie en dié van Amerikaners en Europeërs toenemend. Daarom sien ek my bydraes tot Amerikaanse of Europese publikasies as aanvullend by my plaaslike skryfwerk en aktivisme. Dis belangrik vir Afrikaners dat ons uitwaarts moet beweeg en nie, soos in die verlede, ons tot ons eie parogiale probleme moet beperk nie. Uiteindelik het die ANC-SAKP ons vanuit die buiteland oorwin, en dit is ook in die buiteland wat die stryd gedeeltelik gevoer sal moet word.”

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.