Klasse by UKZN hervat na onluste, UJ-eiendom gebrand

Deel op

Klasse by al vyf kampusse van die Universiteit van KwaZulu-Natal sal na verwagting vandag hervat word nadat dit gister weer opgeskort is.

Verlede week is lesings vir twee dae onderbreek weens studente-onluste oor ‘n verhoging in universiteitsgeld en ‘n aanlyn-aansoekproses om geldelike hulp.

Die woordvoerder van die Universiteit, Lesiba Seshoka sê ‘n berig op sosiale media dat lesings eers aanstaande week hervat sal word, is onwaar.

Hy sê lesings kan nie vir so lank onderbreek word nie aangesien die akademiese tyd vir vanjaar min is.

Seshoka sê die studente is bewus daarvan. Hy sê akademiese bedrywighede en voorbereidings vir die eksamen sal vandag voortgaan.

Intussen het die Congress of South African Students (Cosas) hom gedistansieer van ‘n protes wat by die Universiteit van Johannesburg gehou is oor gratis hoër onderwys.
 
Die polisie is ontplooi om die kampus na ‘n groep hoërskoolleerlinge en ‘n paar studente buite die Doornfontein-kampus van die Universiteit betoog het en eiendom aan die brand gesteek het.
 
Die studente is blykbaar gemobiliseer deur Cosas-takke van verskeie hoërskole regoor Johannesburg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.