ANC-raadslid slaan dood neer toe DA Johannesburg oorneem

‘n ANC-raadslid in Johannesburg, Nonhlanhla Mthembu, het tydens die stemming om ‘n nuwe burgemeester aan te wys, ineengesyg en gesterf, blykbaar aan ‘n hartaanval. Hierna is die aanwysing van die burgemeester en die hoofsweep van die stad gekombineer (foto hier bo), en is Herman Mashaba en Kevin Wax onderskeidelik as eerste burger en hoofsweep aangewys. Beide Mashaba en Wax is van die DA, wat die ondersteuning van die EFF tydens die stemmery geniet het.

Mashaba het egter dadelik belowe om nóg meer fondse op die stad se nie-betalende swart inwoners te bestee deur te verklaar dat hy “die waardigheid van inwoners gaan herstel deur werk te skep en dienslewering te verbeter, veral in lokasies soos Alexandra”.

Mashaba het insgelyks belowe om korrupsie in Johannesburg hok te slaan, ‘n stad waar omkopery en ‘n geknoei rondom tenders algemeen is. Mashaba het gisteraand net voor sy verkiesing as burgemeester gesê:

“Van vanaand af word korrupsie tot openbare vyand nommer een verklaar. Ek verbind my en lê ‘n belofte af dat ons sal omsien na openbare geld wat misbruik is, en dit sal gebruik om waardigheid aan mense te verskaf. Ons gaan ‘n regering bedryf wat na u geld sal kyk.”

Oor dienslewering het hy gesê: “Mense sonder toilette wat verwag om in ‘n stad te woon wat wêreldklas is, is nie regverdig nie. Ons wil hê dat Johannesburg daardie voortreflike stad moet wees waarin mense sal wil woon.”

Mashaba is met 144 stemme teenoor die 125 van Parks Tau, die ANC se uitgaande burgemeester, verkies. Die hoofsweep sal Kevin Wax wees en die speaker Vasco da Gama, al drie van die DA.

Da Gama se naam het al vir heelwat gekorswel op sosiale media gesorg, aangesien dit dieselfde as dié van die beroemde Portugese seevaarder is.

Uit eerbied vir die ontslape Mthembu, het Mashaba besluit om nie gisteraand ‘n lang toespraak te lewer nie en dit eerder uit te stel na 13 September, wanneer hy sy inhuldigingstoespraak sal lewer.

EFF-lede op die openbare galery het voortdurend gesing om die DA se kandidate te ondersteun. Telkens as ‘n ANC-raadslid se naam uitgeroep is, het hulle geboe.

Amptenare van die Onafhanklike Verkiesingskommissie het die raadslede bygestaan om die verkiesings vir die drie posisies te hou.

Enkele kere het chaos gedreig sodat die stadsbestuurder Trevor Fowler sy hande vol gehad het om die ondersteuners van die EFF en ANC op die openbare galery te beheer. Tydens die stemmery vir die speaker, het verskeie raadslede hul stembriewe aan die publiek getoon alvorens hulle in die stembus geplaas is. Van die party-amptenare het hierteen beswaar gemaak. Die OVK het beslis dat die stemmery in die geheim moes plaasvind en dat, indien dit weer sou gebeur, die stemmery oorgedoen sou moes word.

Toe die ANC-lid wat voorheen daarvan beskuldig is dat hy EFF-raadslede wou omkoop om vir die ANC te stem, Dan Bovu, se naam aangekondig is, het die skare hom uitgejou. EFF-ondersteuners het hom as ‘n “gesoekte misdadiger” beskryf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • G

    Eisj, die stres van steel is te veel.

  • Corrupt_NUMBA 1

    kfc – killer of bloated cadres

  • expatNederland

    “Van vanaand af word korrupsie tot openbare vyand nommer een verklaar”, Hoe wil hy dit doen?

  • Vixie

    Ek vind die opskrif baie amusant