Caster se turf kan eersdaags sit

Deel op

Die manlike vroue-atleet, Caster Semenya, het ‘n goue medalje in die 800-meterwedloop vir vroue by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen, maar nie almal is gelukkig met haar oorwinning nie.

Die kwellinge is geopper na ‘n aankondiging deur die president van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies, Sebastian Coe, dat die IAAF wéér die internasionale hof vir arbitrasie in sport gaan nader.

Die hof het vroeër beslis dat vroue-atlete nie onderwerp mag word aan ‘n reël wat ‘n beperking stel op die hoeveelheid testosteroon wat natuurlik voorkom nie.

Vroue wat bo ‘n testosteroondrempel van 10 nanomoles per liter toets sal moontlik belet word om mee te ding, en sal waarskynlik “vernederende en potensieel riskante maatreëls” in die gesig staar as hulle besluit om deel te neem indien die testosteroonbeleid heringestel word.

In 2015, het die Hof van Arbitrasie vir Sport die beleid vir twee jaar opgeskort.

Die Verenigde Nasies se uitvoerende hoof vir vroue, Phumzile Mlambo-Ngcuka, het Suid-Afrikaners gevra om voort te gaan om Semenya te ondersteun.

Veiligheid moes voor haar deelname opgeskerp word. Verskeie media-instansies berig dat Olimpiese amptenare bekommerd was oor Semenya se verskyning en dat dit tot onluste deur ondersteuners van mededingers sou kon lei en in fisieke geweld sou kon ontaard.

Behalwe dat Semenya onderhoude met die media geweier het, is die media deur die Olimpiese komitee verbied om met haar te praat.

Alhoewel Caster deur Media24 vir ‘n voorblad van YOU as ‘n vrou opgetooi is, is sy intussen met ‘n vrou getroud, te wete Violet Ledile Raseboya (foto van die twee hier bo).

Die president van die Internasionale Olimpiese Komitee, Thomas Bach, het Brasilië geloof vir sy aanbieding van die Olimpiese Spele en sê dit is “puik” gedoen.

Bach het by die afsluitingseremonie van die 31ste Olimpiese Spele in die Maracana stadion in Rio de Janeiro gepraat.

Die Spele het 16 dae geduur en meer as 11 000 atlete van 206 lande en ‘n vlugtelingespan het daaraan deelgeneem.

Suid-Afrika het tien medaljes verower. Japan is die gasheer vir die volgende Olimpiese Spele in 2020.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.