ISIS kry skuld vir jongste aanslag in Turkye

Deel op

Turkye se president, Recep Tayyip Erdogan, het die Islamitiese Staat-groep (ISIS) die skuld gegee vir die bomaanval op ’n buitelugviering van ’n troue in die suidooste van die land.

Minstens 50 mense is in die aanval dood en 94 beseer.

Amptenare sê die aanval in Gaziantep, naby die grens met Sirië, was oënskynlik ’n selfmoordbomaanval.

Turkye is die afgelope tyd deur ’n vlaag aanvalle geteister, waarvoor Koerdiese militante met bande met die Koerdiese Werkers Party (PKK) of ISIS die skuld gegee is.

Die jongste aanval kom terwyl die land nog sukkel ná verlede maand se mislukte staatsgreep wat die regering voor die deur van die Amerikaans-gebaseerde­ Moslem-­kerklike Fethullah Gulen en sy aanhangers lê.

Erdogan sê daar is “absoluut geen verskil tussen ISIS, Koerdiese-rebelle en Gulen se beweging nie “omdat al drie terroriste-­bewegings is”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.