Twee jong Franse op Madagaskar vermoor

Deel op

Dit is die tweede moordaanslag op wit Franse besoekers sedert die begin van die jaar in Madagaskar.

Die vorige moord was in die middel van Februarie, toe ‘n voormalige Franse matroos, Sylvain Thorin en sy vrou, Marinette, doodgeskiet is deur gewapende inbrekers met Kalashnikovs en pangas.

Sedert Januarie 2015, het tien Franse reeds gewelddadig gesterf op die eiland en in die meeste gevalle is nog geen vordering gemaak in die moordondersoeke nie.

In die jongste gru-voorval is twee jong Franse vrywilligers (22 en 25 onderskeidelik) dood aangetref Sondag op ‘n strand langs die noordooskus van Madasgascar waarskynlik doodgeslaan, het die owerhede gesê.

Die plaaslike burgemeester Bessaou Ismak Ado Crophe het op die eiland Sainte Marie aan AFP gesê beide liggame het tekens van koptrauma getoon, en wetstoepassers vermoed moord.

“Hulle was die aand by ‘n klub en is op die strand daar naby dood aangetref,” het hy gesê.

“Ek het gesien hoe die liggame lyk. Albei het beserings aan die kop gehad.”

Die slagoffers, ‘n jong man en ‘n vrou, was vrywilligers by Cetamada (foto bo), ‘n plaaslike nie-winsgewende omgewingsorganisasie wat poog om die oseaan se soogdiere te beskerm.

Die vrywilligers is meestal gegoede wit Franse jeugdiges.

‘n Ondersoek is van stapel gestuur.

Die Franse ambassadeur op die Indiese Oseaan-eiland asook die konsul sal Maandag besoek bring aan die eiland.

In 2012, is ‘n Franse egpaar dood op ‘n strand in die suide gevind, vermoor deur plaaslike inwoners.

‘n Jaar later, is twee Europeërs aangeval en lewendig verbrand deur ‘n skare op die Noordwes-eiland Nosy Be, nadat hulle verantwoordelik gehou is vir die dood van ‘n kind wat verdrink het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.