Kasrils en MK-veteraan pak mekaar oor wie die regte terroris is

Deel op

‘n Skadevergoedingseis vir R1 miljoen is deur die voormalige minister van intelligensie Ronnie Kasrils (foto bo) teen die adjunkminister van Verdediging, Kebby Maphatsoe in die Gauteng Hooggeregshof, Pretoria, gebring.

Dit is nou openlike ‘n geveg tussen ‘n voormalige terreurbevelvoerder van MK, Kasrils en die hoof van MK se Militêre Veterane Vereniging (MKMVA), Mathapsoe.

Kasrils eis R500 000 omdat hy beweer dat Maphatsoe hom beskuldig daarvan dat hy die dryfveer agter die klagtes van verkragting teen Zuma is, en ene “Khwezi” daarvoor aangewend het.

Hy eis ‘n verdere R500 000 omdat hy beweer Maphatsoe hom as ‘n “sell-out” voorgehou het, ‘n teenrevolusionêr en ‘n vyand van die nasie.

Volgens hofstukke is Maphatsoe in die media aangehaal in 2014 waar hy gesê het dat “toe hy [Kasrils] minister van intelligensie was, het hy die meeste van die kaders van MK ontslaan omdat hy ons intelligensie wou verkoop aan die imperialiste tydens ons rekonstruksie”.

“Dit was duidelik van die begin af dat Uncle Ronnie nooit met ons was nie, en dat hy die vyand van ons revolusie was.”

Dit is ook in die dagvaarding vervat dat ‘n verklaring gemaak is wat suggereer dat Kasrils agter die klaer in die verkragtingsaak 10 jaar gelede gesit het.

“Khwezi” moes die land verlaat nadat haar bande met Kasrils aan die lig gekom het en Zuma is later vrygespreek.

Die stellings is volgens die dagvaarding gemaak met die bedoeling om Kasrils te belaster en sy reputasie aan te tas.

In Januarie verlede jaar Kasrils het gesê dat hy aangedring het op ‘n openbare verskoning van Maphatsoe, sowel as ‘n regstelling van die feite, maar Maphatsoe het geweier om dit te doen.

Kasrils sal bygestaan ​​word deur adv Dali Mpofu.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.