Twee Amerikaanse swemmers kry hul paspoorte terug

Deel op

Die twee Amerikaanse swemmers wat Woensdagaand deur die Brasiliaanse owerheid van ’n vliegtuig afgehaal is, is toegelaat om huis toe te gaan.

Olimpiese beamptes in Rio de Janeiro sê die polisie wou die swemmers se verklarings afneem oor ‘n beweerde gewapende roof.

Gunnar Bentz en Jack Conger is hul gekonfiskeerde paspoorte teruggegee en het vertrek uit Rio, het die uitvoerende hoof van die Amerikaanse Olimpiese Komitee Scott Blackmun in ‘n verklaring gesê.

James Feigen het ook ‘n verklaring afgelê. Die vierde swemmer is die superster Ryan Lochte, maar hy was reeds tuis toe die opskudding oor hul verklaring gebeur het.

Die saak het wêreldwyd opslae gemaak. Die wenner van die goue medalje, Lochte, het gesê hy en drie ander Amerikaanse swemmers is deur gewapende mans aangehou en beroof wat hulle as polisielede voorgedoen het.

Omdat dit ‘n groot verleentheid vir Brasilië is wat gebuk gaan onder slegte publisiteit en misdaad, is die egtheid van die Amerikaners se weergawe bevraagteken.

Die atlete het by ‘n vulstasie glo ‘n badkamerdeur beskadig en daarna in ‘n onderonsie met veiligheidspersoneel beland.

‘n Argument tussen die atlete en twee gewapende veiligheidsbeamptes het gevolg, en die beamptes het hul wapens uitgepluk en beveel dat die atlete betaal vir die skade.

Nadat die beamptes eers geld ontvang het van die atlete, is die atlete toegelaat om die perseel te verlaat.

Die atlete het daarna die voorval by die polisie as ‘n gewapende roof aangegee.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.