Suid-Soedan se rebelleleier in SA?

Deel op

Suid-Soedan se voormalige rebelleleier en visepresident, Riek Machar, het die land verlaat ná die gewelddadige botsings verlede maand en is nou in ’n “veilige” land in die streek.

In ’n verklaring deur Mabior Garang de Mabior, ’n woordvoerder vir Machar se SPLM-IO party, word nie gespesifiseer in watter land Machar hom bevind nie.

Maar gerugte wil dit hê dat hy in Suid-Afrika is en nie na Ethiopië sal reis nie.

‘n Burgeroorlog het in Desember 2013 in Suid-Soedan uitgebreek toe pres. Salva Kiir sy adjunk, Machar, daarvan beskuldig het dat hy ’n staatsgreep beplan.

Die gevegte het die land langs etniese lyne verdeel en tot op die rand van totale ineenstorting gedryf.

’n Vredesooreenkoms tussen die regering en rebelle byna ’n jaar gelede, kon nie daarin slaag om ’n einde aan die konflik te maak nie.

Die Verenigde Nasies het Woensdag ’n ondersoek gelas na ’n aanval op ’n hotel in Suid-Soedan waar soldate vrouens verkrag en noodlenigingwerkers aangerand het, terwyl VN-vredebewaarders oënskynlik niks gedoen het om dit te stuit nie.

Die Verenigde Nasies (VN) het bevestig dat Machar in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) aangekom het, maar wou nie sy ligging onthul nie.

Dit kom ook te midde van berigte dat die leier van die opposisie ná ‘n mislukte sluipmoordaanval deur magte lojaal aan president Salva Kiir saam met sy vrou en ‘n konvooi van sowat 60 gewapende mans moes vlug.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.