Oos-Kaap kry groot belegging in voertuigvervaardiging

Deel op

Die Coega Ontwikkelingskorporasie (CDC) in die Oos-Kaap het ‘n kontrak vir die grootste belegging in voertuigvervaardiging in Afrika die afgelope veertig jaar geteken.

Die beleggingskontrak van R11 miljard is met die Chinese staatsbeheerde maatskappy Beijing Automobile International Corporation (BAIC) gesluit.

Die fabriek sal nie ver van die Ngqura-diepwaterhawe opgerig word nie.

Die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, sê die projek verstewig dié posisie van gebied in die Oos-Kaap as die land se voertuigvervaardigingskern.

Die korporasie het die afgelope vier jaar kontrakte met 54 nuwe beleggers in die gebied geteken vir ‘n gesamentlike belegging van R32-miljard rand.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.