Krotoa, die feminis

Deel op

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal vandag ‘n monument by die Kasteel in Kaapstad onthul wat die lewe van die Khoi-vrou Krotoa uitbeeld.

Die minister het in ‘n verklaring in geradbraakte Engels gesê Krotoa “het ‘n ingesteldheid vir tale gedemonstreer ” en “word beskou as een van die hoofargitekte van die Afrikaanse taal”.

Sy is ook as ‘n “feminis” beskryf deur Max du Preez, wat klaarblyklik weer nie kon nalaat om die “spirituele begrafnis” tot die absurde te verhef nie.

Krotoa is later getroud met ‘n Deense dokter “in wat die eerste amptelike gemengderashuwelik in SA was”, maar het later die guns van die Nederlandse “Groot baases” (sic) verloor het en is weens haar drankmisbruik na Robbeneiland verban.

Die feit dat Krotoa ‘n alkoholis was, word egter verswyg.

Die dokter Peter Havgard, wat die Nederlanders Pieter van Meerhof genoem het, is met die Strandlopertolk getroud nadat sy eers gedoop is. Sy was daarna as Eva van Meerhof bekend.

Krotoa het van tienjarige ouderdom as huiswerker in die huishouding van Jan en Maria van Riebeeck gewerk, en haar later as tolk tussen Nederlandse setlaars en die Khoi-stamme aan die Kaap gevestig.

Die departement sal ‘n simboliese seremonie hou ter ere van Krotoa wie se oorskot aanvanklik by die Kasteel begrawe is, maar later op die terrein van die Groote Kerk in Kaapstad herbegrawe is.

Krotoa was lid van die Strandlopers, die Goringhaiconastam en die niggie van Autshumato, oftewel Harry die Strandloper, ook ‘n Khoi-tolk. Eva was dus goed met die Europese manier van doen bekend.

Haar dogter, Pieternella van die Kaap, se lewe is deur die skrywer Daleen Matthee verewig. In Eilande deur Dan Sleigh, is haar moeder en haar eie lewe ook weergegee.

Pieternella en Salamon, twee jongste kinders uit haar huwelik met Meerhof, is in 1677 na Mauritius.

Pieternella is later getroud Daniel Zaaijman, ‘n VOC-groenteboer van Vlissingen. Hulle het vier seuns en vier dogters gehad. Die gesin het weer later terug na die Kaap verhuis.

Hulle kleindogter, Engela Catharina Zaaijman is getroud met Abraham Peltzer, seun van Abraham Peltzer, ‘n VOC-soldaat van Hamburg, Duitsland en Elizabeth van den Berg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.