Turke laat gevangenes vry om plek te maak vir ideologiese vyande

Deel op

Turkye het Woensdag nagenoeg 38 000 gevangenes ingevolge strafregtelike hervormings vrygelaat.

Turkse gevangenisse is onder kwaai druk sedert duisende mense ná verlede maand se mislukte staatsgreep aangekeer en aangehou is.

Die hervormings is Woensdag by wyse van twee dekrete aangekondig. Geen redes is deur die owerheid verskaf nie, maar dit is duidelik dat die gevangenisse oorvol is na inhegtenisnemings wat op die onlangse mislukte staatsgreep gevolg het.

Turkye se Westerse bondgenote is bekommerd dat pres. Tayyip Erdogan se optrede ná die staatsgreep afvalliges teiken.

Turkse amptenare het woedend gereageer oor kommer oor die stabiliteit van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) en hou vol dat die owerheid bloot van ’n ernstige interne bedreiging ontslae raak.

Joernaliste, onderwysers, prokureurs en regters word tans in verband met mislukte staatsgreep verlede maand aangehou onder die noodtoestand wat afgekondig is.

Minstens 40 000 mense word aangehou, dikwels in sportstadions. sowat 100 media-organisasies is ook gesluit.

Die Amerikaanse lugmag het in ‘n verklaring gesê hulle sal nie hul kernwapenarsenaal verskuif uit die Incirliklugmagbasis in Adana, Turkye nie.

Die Turke het die basis se kragvoorsiening vroeër afgesny en die basisbevelvoerder gearresteer.

Die Amerikaanse lugmagsekretaris, Deborah Lee James sê dit is “kommerwekkend omdat so baie lede van die [Turkse] leierskap weg is, gaan dit hulle tyd neem om nuwe leiers te kweek en te vervang”.

Sy het bygevoeg: “Incirlik is ‘n belangrike plek, en Turkye algeheel is ‘n baie belangrike bondgenoot.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.