Rio: Leë sitplekke, vuil water en ‘n leerkurwe wat nog moet gebeur

Deel op

Dit is nie moeilik om mense te kry wat kla by die finansieel-gestremde en logistiese nagmerrie wat Rio 2016 heet nie.

Die Olimpiese Spele in Brasilië is ‘n kopseer vir die owerhede wat ‘n fortuin spandeer het in ‘n ekonomie wat soos 1930 s’n lyk en op ‘n skouspel wat min belangstelling wek en afgewater moes word weens ‘n gebrek aan fondse.

Televisiestasies het ‘n fortuin betaal om sport uit te saai met stadions vol toeskouers as die agtergrond. Dis nou te sê as hulle vervoer kan kry na hul bestemmings.

Die Olimpiese Spele se reëlingskomitee moes inderhaas taxi’s betaal omdat vrywilligers nie opgedaag het om gaste rond te ry soos belowe nie.

Honderde leë sitplekke vertel ‘n hartseer verhaal, en weerspieël die apatie te midde van peperduur kaartjies teen plaaslike pryse gemeet.

Met vyf dae oor om te lewer, praat die organiseerders nog steeds van ‘n “leerkurwe” om Brasiliane op die Olimpiese Spele verlief te maak en om hul land aan toeskouers te verkoop.

“Wanneer jy ‘n leë saal het, bied jy nie ‘n goeie produk aan uitsaaiers en ondersteuners nie,” het sê een organiseerder. “Daarom moet ons werk in daardie rigting. Ek dink dit is op die prioriteitslys.

“Ons bespreek dit en werk elke dag daaraan. Ons maak vordering en soos ons die einde nader, sal meer sitplekke gevul word … want ons weet wat ons nodig het vir ‘n beter produk.”

Selfs wanneer die ondersteuners opdaag, is hul optrede nie die smaak van die organiseerders of sommige mededingers nie.

Soos Renaud Lavillenie, Franse Olimpiese kampioenpaalspringer wat uitgejou is Maandag ontdek het. “As jy geen respek by die Olimpiese Spele kan kry nie, waar kan jy respek kry?” het Lavillenie gekla.

Benewens Amerikaanse swemmers wat gearresteer is omdat hulle na bewering gelieg het oor ‘n rooftog, is mense beseer toe ‘n televisiekameraverhoog van 20m Maandag in die Olimpiese Park ineengestort het.

Groen swembaddens, rioolbesoedelde water waarin watersport moet plaasvind en toeriste wat op straat aangeval en beroof word, het ook die nuus gehaal.

Talle ondersoeke na seksuele aanranding en aanranding moes ook geloods word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.