Staat vra dat kinderverkragter sielkundig geëvalueer word

Deel op

Die Staat het gevra dat die 42-jarige man van Sasolburg, wat aan 37 klagte van kinderverkragting skuldig bevind is, vir sielkundige evaluering gestuur word voor sy vonnisverhoor.

Die man is Woensdag ook skuldig bevind op 18 aanklagte van seksuele aanranding, 541 klagte weens die besit van kinderpornografie, 109 weens verspreiding en 228 weens die vervaardiging van kinderpornografie.

Regter Jack Moloi het in sy uitspraak met die Staat saamgestem dat die man die minderjarige kinders opsetlik verkrag het en dat dit bo redelike twyfel bewys is.

Die hof het die man se eie getuienis verwerp as ongeloofwaardig. Regter Moloi het gesê die man nie ‘n goeie indruk op die hof gelaat nie.

Hy het onsamehangend en ontwykend voorgekom het Moloi gesê.

“Ek stem saam met die Staat dat die beskuldigde die hof so dom ag dat hy gereken het hy kan enigiets sê en daarmee wegkom.”

Die saak volg nadat die Australiese polisie, deur Interpol, hul Suid-Afrikaanse kollegas oor die man se internetbedrywighede ingelig het.

Ná die uitspraak het die Staat die hof ingelig dat hulle die man vir sielkundige evaluering wil stuur voor vonnisverrigtinge.

Die saak is tot 1 November uitgestel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.