Meer as 70 Metro-amptenare geskors te midde van koalisie-gesprekke

Deel op

Meer as sewentig amptenare is tans in die agt Metro’s geskors. Dit is deur die Minister van Samewerkende Regering, Des van Rooyen bekend gemaak in `n geskrewe antwoord op `n parlementêre vraag.

Dit kom te midde van vier Metro’s wat moontlik deur koalisies beheer sal word, het RSG berig.

Die amptenare wat geskors is, sluit in stadsklerke, `n munisipale bestuurder, brandweerpersoneel, bou-inspekteurs, metropolisiebeamptes en `n opsigter by `n swembad.

Van die klagtes teen hulle is seksuele teistering, bedrog, ‘n onregmagtige mediakonferensie en die gebruik van munisipale eiendom om perlemoen te smokkel.

Die skorsings is in Buffalo City, Ethekwini, Mangaung, Nelson Mandelabaai, Ekhuruleni, Johannesburg, Tshwane en Kaapstad.

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty het onderneem om ondersteuners teen ‘n DA-EFF-koalisie te mobiliseer in Gautengse metro’s waar die ANC nie ‘n volstrekte meerderheid behaal het nie.

Die DA is in koalisiegesprekke met die EFF oor die metro’s van Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni en Mogale City.

In die Kannaland-munisipaliteit in die Klein-Karoo sal die DA en ANC glo saamwerk. Die twee partye het elkeen twee raadslede, terwyl ICOSA die ander drie raadslede het.

Die DA en ANC hou vol dat hulle nie `n koalisie gevorm het nie, maar net gaan “saamwerk”.

Die nuwe burgemeester is Magdalene Berry van die ANC, terwyl Aletta Theron van die DA die speaker is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.