Zambiese polisie vat opposisie-betogers vas

Deel op

Zambiese polisie het 133 mense in hegtenis geneem wat betoog het teen die herverkiesing van pres. Edgar Lungu nadat sy hoofopponent, Hakainde Hichilema (foto bo), gesê het daar met die verkiesingsuitslae gekonkel is.

NUUT!

Reuters berig dat Lungu Maandag ‘n naelskraapse oorwinning in Afrika se tweede grootste koperproduserende land behaal het.

Zambië se ekonomiese beleef ‘n insinking vanweë verlaagde kommoditeitspryse.

Die polisie sê die inhegtenisnemings het gevolg nadat ondersteuners van Hichilema ondersteuners van die regerende party geteiken en hul eiendomme verwoes het.

“Dit wil voorkom asof hierdie optrede vooraf beplan is, en dat hulle net gewag het vir die wenner om aangekondig te word. Kalmte is nou herstel,” het die polisiebevelvoerder van die suidelike provinsie, Godwin Phiri, aan Reuters gesê.

Zambië was tot nou toe een van Afrika se mees stabiele demokrasieë al het geweldpleging tydens die veldtogvoering plaasgevind.

Die Zambiese geldeenheid, die kwacha, het gister met 2,5 persent verstewig, ‘n aanduiding dat beleggers ‘n algehele wenner in die verkiesing verwelkom.

Lungu het 50,35 persent van die stemme teenoor die 47,63 persent van Hichilema verower. Enige kandidaat moes minstens 50 persent van die stemme wen om ‘n tweede rondte verkiesings af te weer.

Hichilema se United Party for National Development (UPND) het aangedui dat hulle die verkiesingsuitslae in die grondwetlike hof sou uitdaag en het verkiesingsbeamptes van bedrog beskuldig tydens die stemtellery wat Donderdag begin het.

“Die PF het ‘n staatsgreep op Zambië se demokratiese proses uitgevoer,” het Hichilema laat Maandag in ‘n verklaring gesê.

“Ons het voor die uitslae bekend gemaak is, bewyse voorgelê wat grootskaalse onreëlmatighede aan die lig bring. Dit is waarom ons nie die uitslae kan aanvaar nie.”

Die regerende party en die verkiesingskommissie het die UPND se beskuldigings verwerp.

Lungu het Dinsdag ‘n oorwinningsvergadering gehou, maar hy kan eers ingehuldig word sewe dae nadat die uitslae bekend gemaak is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.