Libiese magte wat lojaal is aan die regering wat deur die Verenigde Nasies ondersteun word, vuur mortiere af op posisies van die Islamitiese Staat-groep (ISIS) in Sirte, Libië.
ISIS het probeer om ‘n basis in Sirte te vestig, maar ‘n Amerikaansondersteunde militêre offensief vanjaar het byna al die lede van die groep uit ISIS se voormalige hoofkwartier verdryf.
Volgens Libiese amptenare is 70 persent van die stad bevry en net ‘n paar honderd van die aanvanklike 6 000 militante is nog in enkele plekke in die stad vasgekeer.
Omdat die djihadiste uit Libië verdryf word, val hulle terug na Sirië.
Die Russe het sedert April gewaarsku dat ‘n groot aanval op Aleppo in Sirië op hande is, terwyl hulle in gesprek getree het met die Obama-administrasie.
Maar die Amerikaanse gewilligheid om Russiese afgevaardigdes te ontmoet was grootliks ‘n misleiding ter ondersteuning en voorbereiding van die aanval.
Die weste van Aleppo is steeds onder beheer van die Siriese regering waar ongeveer 1,5 miljoen mense woon. Oor die afgelope twee weke dreig die stad om in djihadiste se hande te kom.
Groot voorrade van nuwe wapens, ammunisie en intelligensie toon dat ongeveer 10,000 radikale djihadiste, gelei deur Al-Qaeda in Sirië, ‘n aanval op Aleppo beplan en hulle het reeds deurgebreek.
Die dhihadiste se veldtog het ten doel om die hele Aleppo te beset. Indien hulle daarin slaag sal duisende burgerlikes waarskynlik sterf, waaronder talle Christene en ander minderhede.
Die stryd om Aleppo is “een van die mees verwoestende stedelike konflikte in die moderne tyd,” het Peter Maurer, president van die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis (ICRC) aan Reuters gesê.
“Niemand is nêrens veilig nie. Kanonvuur is konstant, met huise, skole en hospitale almal in die spervuur. Mense leef in ‘n toestand van vrees. Kinders is getraumatiseer. Die omvang van die lyding is ontsettend,” het Maurer in ‘n verklaring gesê.
Intussen het RT berig dat honderde ISIS-soldate deur die Amerikaanse magte toegelaat is om Manbij in Sirië te verlaat.