Milwaukee-geweld: Oorledene se suster vra dat wit voorstede aangeval word

Deel op

Na geweld en onluste deur swart inwoners van Milwaukee in die Amerikaanse deelstaat Wisconsin, is ‘n gedenkdiens gehou vir Sylville Smith (23), die gewapende swartman wat deur die polisie doodgeskiet is.

Sherelle Smith, die oorledene se suster het swartes intussen aangemoedig om wit woonbuurte aan te val.

Scott Walker, goewerneur van Wisconsin, het om kalmte gevra nadat die Milwaukee-­polisie gesukkel het om die geweld wat deur BLM-aktiviste aangewakker is, onder beheer te bring.

Geboue en voertuie is aan die brand gesteek, daar is op die polisie geskiet en hulle is met klippe bestook.

Smith se suster, Sherelle,­ het al vloekend gepleit dat die geweld en plundery in swart gebiede asseblief moet ophou.

Sy het gesê swart inwoners moet liewer wittes aanval, en wit gebiede – die voorstede – plunder. CNN het haar oproepe om swart geweld egter voorgehou as oproepe om “vrede”.

Sherelle het plunderaars al gillend gemaan dat swart vroue hul vals haarstukke nodig het en dat haarsalonne nie geteiken moet word nie.

Beamptes moes ‘n wit slagoffer van die skietery red en per pantservoertuig na die hospitaal vervoer.

Plaaslike in­woners het met skok op die vlakke van geweld­pleging gereageer. ‘n Skare swart plunderaars van ongeveer 200 mense het Saterdag die strate ingevaar en minstens ses sake­ondernemings aan die brand gesteek.

Amerikaanse Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump het intussen gesê aanvanklike getuienis dui daarop dat die polisie in Milwaukee se optrede geregverdig was.

“Ons moet wette gehoorsaam of ons het nie ‘n land nie,” het Trump aan Fox News gesê na ‘n besoek aan die polisie in die stad. Hy het later ‘n saamtrek daar toegespreek.

“Die geweer is na sy [‘n polisiebeampte] se kop gewys, vermoedelik gereed om afgevuur te word,” het Trump gesê.

“Die oorlog teen die polisie is ‘n oorlog teen alle vreedsame burgers wat graag wil werk en leef en hul kinders skool toe wil stuur in veiligheid.

“Ons werk is nie om die lewe meer gemaklik te maak vir die oproerige of die rower of die plunderaar of die gewelddadige anargis, waarvan daar te veel is nie.”

Milwaukee se polisiehoof David Clarke het van talle inwoners ondersteuning gekry nadat hy gesê het Milwaukee se geweld kom van “stamgedrag”. Hy het gesê dis eerder “Black Lies Matter”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.