Parys-moordsaak: Aanklagte teen net vier teruggetrek

Deel op

Die staat het die moordaanklagte teen slegs vier van die beskuldigdes in die Parys-moordsaak teruggetrek.

Die Nasionale Vervolgingsgesag se Phaladi Shuping sê aanklagte teen Fanie Oosthuizen, asook Wian, Wikus en Muller van der Westhuizen is teruggetrek.

“In hierdie stadium is ons van mening dat daar nie enige vooruitsigte is om vier van die mans suksesvol van moord aan te kla nie,” sê Shuping.

Shuping sê nog ‘n beskuldigde, ‘n 17-jarige seun, se verhoor sal afsonderlik hanteer word en hy sal weer op 9 September verskyn.

Aanklagte teen die ander ses verdagtes staan egter en hulle sal op 18 November vir ‘n voorverhoorsitting verskyn.

Hul arrestasies is egter uitgevoer voordat die polisie kon bewys dat enige van die boere met die moorde verbind kan word.

Die EFF het ná die voorval beweer dit was nie ‘n plaasaanval nie, maar dat die twee mans op Loedie van der Westhuizen se plaas was oor ‘n “loongeskil”.

Die groep word daarvan beskuldig dat hulle twee swart plaasaanvallers, Samuel Tjixa en Simon Jubeba, aangerand het en dat die twee aanvallers aan hul beserings beswyk het.

Maar die twee aanvallers is in polisie-aanhouding dood.

Die twee swart aanvallers het op 6 Januarie die 73-jarige boer, Loedie van der Westhuizen, in sy huis aangeval, maar die polisie het nooit die saak ondersoek nie.

Ná dit duidelik geword het dat die beamptes nie hul werk na behore gedoen het nie, het die SAPD ‘n tweede ondersoekspan uitgestuur wat dadelik ‘n politieke motief van ‘n “loondispuut” aan die voorval gekoppel het.

Van der Westhuizen het nog steeds die bebloede klere wat hy gedra het tydens die aanval, en waarin die polisie nie belangstel as bewysstukke nie.

Nie een van die twee swart oorledenes het ooit vir Van der Westhuizen gewerk nie en hy het hulle niks geskuld nie.

Die Staat het die klagte teen Johan ­Cilliers en sy seun, wat vroeër weens die moorde gearresteer is, teruggetrek.

Vreemd genoeg is die twee Cilliers, pa en seun, die enigste twee mense wat dié aand op die toneel was en nie beskuldigdes in die saak is nie.

Nie die Cilliers of hul regsverteenwoordiger wou bevestig of ontken dat hulle staatsgetuies is nie. Vermoedelik is die twee banggepraat of deur die owerhede afgedreig om valse getuienis teen die aangeklaagde boere te lewer.

‘n Skoolseun, Cor Loggenberg, is na die skoolhoof se kantoor ontbied en die Valke het hom te aanskoue van almal geboei en weggelei, met die uitsluitlike doel om hom te verneder.

Volgens sy pa, Anton, het sy onderneming miljoene rande se skade gelei weens die owerhede se kwaadwillige swartsmeerdery teen die gesin.

Kobus Burger, Loggenberg en Van der Westhuizen se regsverteenwoordiger, sê hulle sal ‘n skadevergoedingseis teen die polisie indien weens onregmatige arrestasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.