Ses in hinderlaag in Mosambiek dood

Ses mense is gedood in ‘n aanval deur Renamo-rebelle in Mosambiek, het die polisie in ‘n verklaring gesê.

Dit is die jongste in ‘n reeks gewelddadige skermutselings tussen gewapende opposisielede en regeringsmagte.

“Gewapende mans van Renamo het Vrydag ‘n voertuig in ’n hinderlaag gelei en daarop geskiet totdat die voertuig aan die brand geslaan het,” het ‘n polisiewoordvoerder gesê.

Ses insittendes het doodgebrand. Die slagoffers was burgerlikes, maar hul name is nog nie bekend gemaak nie. Die polisie is nog op soek na moontlike oorlewendes wat dalk ontsnap het.

Renamo, wat ‘n 16 jaar lange burgeroorlog gevoer het wat in 1992 ten einde geloop het, weier om die uitslae van die 2014-verkiesing te aanvaar.

Die regerende Frelimo-party het weereens ‘n oorwinning behaal en is reeds sedert onafhanklikwording, 40 jaar gelede, aan bewind.

Die spanning is sedert 2013 aan die oplaai en Renamo-rebelle het weer die wapen opgeneem in wat hulle bestempel as ‘n geveg teen ’n Frelimo-elite wat hulself ten koste van land verryk het.

Vredesonderhandelinge word in die vooruitsig gestel, maar die owerheid beskuldig Renamo intussen vir die toename in gewelddadige aanvalle in die noorde en sentrale dele van Mosambiek.

In Mei is op die oorskot van 13 mense in die onstabiele sentrale deel van die land afgekom, waar veiligheidsmagte en Renamo-rebelle gereeld slaags raak.

Mosambiek se menseregte-organisasie­ voer aan dat minstens 83 summiere teregstellings sedert die begin van die jaar voorgekom het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.