Britse polisie skok swart sokkerspeler dood

Deel op

Die Britse polisiewaghond – die Onafhanklike Polisie Klagtekommissie – gaan ondersoek instel na ‘n voorval waar ‘n voormalige swart Premierliga-sokkerspeler dood is nadat die polisie ‘n skokwapen op hom gebruik het.

Die 48-jarige Dalian Atkinson het voorheen vir klubs soos Aston Villa en Manchester City gespeel.

Sy pa het bevestig dat inwoners die polisie ontbied het na sy huis in Telford, omdat Atkinson agressief in die straat begin optree het.

Daar word vermoed dat hy onder die invloed van drank en dwelms was.

Hy het bure se deure begin inskop, met geweld gedreig en geskree dat hy “haweloos” is. Hy het met sy duur Duitse sportmotor voor sy pa se huis geparkeer.

‘n Ooggetuie, Paula Quinn sê die swarte het gillend in die rigting van die beamptes gesteier.

Hy is gewaarsku om nie nader te kom nie, maar het die waarskuwing van die beampte geïgnoreer.

Die linkse media het die voorval voorgehou as nog ‘n voorbeeld van naakte polisiegeweld teen swartes. Die Guardian het berig dat Atkinson “geskiet” is.

Die polisie het hom vermoedelik probeer bedaar. Hy het ‘n hartaanval gekry en paramedici het hom daarna dood verklaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.