Uitspraak in kinderporno-saak Woensdag verwag

Deel op

Die Vrystaatse Hooggeregshof sal waarskynlik Woensdag uitspraak lewer in die kinderpornografie-verhoor.

Die aangeklaagde, ‘n man van Sasolburg wat in die hof erken het dat hy ‘n pedofiel is, het vroeër skuld beken op honderde aanklagte, waaronder die vervaardiging, besit en die verspreiding van kinderpornografie en seksuele aanranding.

Hy ontken egter aanklagte van verkragting op van sy slagoffers.

In die Staat se betoog is die hof versoek om die man se weergawe oor verskeie geleenthede rakende beweerde verkragtings te verwerp ten spyte van die aangeklaagde se skulderkenning.

Die Staat het geargumenteer dat dit en ander aspekte die hof genoeg bewyse gee om die man skuldig te bevind op verkragting. Die man se verdediging het aangevoer die Staat kon nie “opset” in al die beweerde verkragtings bewys nie.

Die saak is uitgestel vir vonnisoplegging.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.