DA en EFF in koalisie

Deel op

Die DA en die EFF staan luidens berigte op die drumpel om ’n historiese koalisieooreenkoms te sluit wat beloof om die munisipale regeringstoneel in Suid-Afrika dramaties te verander (foto hierbo).

Rapport berig die pakt, wat na verwagting vandag of môre gefinaliseer sal word, sal beteken dat vyf van die grootste stede in Suid-Afrika, insluitende die hoofstad, nie meer onder ANC-beheer sal wees nie.

Johannesburg, Pretoria, Mogale City (Krugersdorp) en Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth) sal deur ’n DA-EFF-koalisie regeer word, terwyl die vyfde, Kaapstad, reeds sedert 2011 uitsluitlik deur die DA regeer word.

In Rustenburg gaan die DA-EFF-koalisie waarskynlik die ANC toelaat om ’n minderheidsregering te vorm omdat geen enkele party of koalisie daar 50% + 1% van die setels kon wen nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.