Nog onluste dreig by kampusse

Deel op

Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Blade Nzimande het weer beklemtoon dat die regering nog nie besluit het oor klasgeld vir studente in 2017 nie.

Dit volg terwyl studente weer dreig met klasboikotte en betogings omdat die regering glo reeds ‘n besluit oor klasgelde geneem het.

Volgens berigte kan protesoptogte al vandag begin, het RSG berig.

PRAAG is reeds meer as ‘n maand lank bewus van die dreigemente van onluste by die Universiteit van die Witwatersrand. Studente is voor die Julievakansie al vertel dat hulle klasse in Augustus ontwrig gaan word.

Nzimande het in `n verklaring sy kommer uitgespreek oor dié dreigemente.

Hy sê nadat hy die verslag van die Raad op Hoër Onderwys ontvang het, het hy besluit om verdere standpunte van alle rolspelers te kry.

Die Raad op Hoër Onderwys stel voor dat klasgelde met ses persent verhoog word nadat die Tesourie gewaarsku het dat daar groot druk op staatshulpbronne sal wees indien studentegeld weer nié verhoog word nie.

Volgens Nzimande sal hy ook eers met sy kabinetskollegas samesprekings voer voordat `n besluit geneem sal word.

Intussen moes die wit dekaan van die Universiteit van KwaZulu-Natal se Nelson Mandela-mediese fakulteit, Professor Richard Hift uittree om blykbaar “ander verpligtinge” op te volg.

Die universiteit se studenteraad het onlangs gevra dat hy vervang moet word. Die studente eis ‘n swart dekaan sodat “transformasie” in die instelling kan “voortgaan”.

‘n Woordvoerder van die universiteit, Lisiba Seshoka sê Hift sal deel bly van die universiteit en het nie bedank nie.

Volgens Seshoka sal hy ook van die doelwitte van die fakulteit aandryf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.