Rio: Russiese atlete sit op die kantlyn terwyl swart atlete mag deelneem

Deel op

Terwyl Rusland se baan- en veldnommeratlete, insluitende diegene met geen geskiedenis van misbruik van verbode middels nie, uit die Olimpiese Spele Rio 2016 geskop is, is daar ‘n magdom veral swart atlete wat wel toegelaat is om mee te ding in Brasilië ten spyte van hul eie probleme met verbode middels.

Benewens die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se besluit om die hele Russiese baan- en veldspan van Rio se Olimpiese Spele te verbied, het die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK ) ook verklaar dat die Russiese atlete met ‘n geskiedenis van misbruik nie toegelaat sal word om mee te ding in Rio nie, selfs al het hulle ‘n straf uitgedien.

Hier is ‘n blik op sommige van die dwelmbesmette atlete uit ander lande, wat hul plek in Rio volstaan:

Tyson Gay, Amerikaanse naelloper wat positief getoets het vir ‘n verbode middel Mei 2013 en ‘n ongespesifiseerde derde party blameer het, neem deel.

Hy is gestroop van sy silwer medalje gedurende die Londen 2012-Spele en tot Junie 2014 enige deelname verbied.

Gay is egter weer toegelaat, terwyl die Russe op die kantlyn moet bly sit.

Nog ‘n swart atleet, Justin Gatlin, wat in 2004 in Athene ‘n goue medalje ontvang het is verbied nadat hy positief getoets vir ‘n verbode middel.

In 2001 is hy vir twee jaar geskors, terwyl hy in 2006 ‘n vier-jaar verbod gekry het. Maar Gatlin is terug op die en het in Junie 2012 die vinnigste tyd ooit vir ‘n man oor die ouderdom van 30 behaal, wat baie wenkbroue laat lig het.

Die Kroaties tennisster Marin Cilic is in 2013 uitgeskop na spore van Nikethamide gevind is in sy urinetoets.

Die skorsing het tot Februarie 2014 geduur en hy het teruggekeer na die spel om die Amerikaanse Ope-titel te wen in dié jaar.

Die Oekraïense naelloper Yelyzaveta Bryzgina sal na steroïde misbruik in 2013-2015, in aksie wees en sal meeding in Rio.

In Mei 2014 het Sun Yang positief getoets vir die verbode stimulant Trimetazidine, maar is vir net drie maande deur die Chinese Swem Vereniging verban.

Hy sal sy 400m en 1500m vryslagtitels in Rio verdedig.

Die bekendste voorbeeld van misbruik is die swemmer Amerikaanse Michael Phelps wat in 2014 afgetree het weens dwelmmisbruik en sedertdien weer bevoeg verklaar is om mee te ding in Rio.

Yohan Blake (foto bo), die Jamaikaanse naelloper was eens beskou is as die grootste bedreiging vir Usain Bolt, het positief getoets voor die 2009 Wêreldkampioenskappe, maar sal meeding in Rio.

Intussen het die bruin Suid-Afrikaner Wayde van Niekerk die wêreldrekord in die mans 400 meter verbeter en Suid-Afrika se eerste goue medalje by die Olimpiese Spele in Rio ingepalm.

Hy het sy oorwinning reeds aan ‘n Britse sokkerklub opgedra, dus kan patriotiese Suid-Afrikaners dié oorwinning maar gerieflik ignoreer.

Die 24-jarige Van Niekerk het die wedloop in 43,03 sekondes voltooi. Die vorige rekord van 43,18 is in 1999 deur die Amerikaner Michael Johnson opgestel.

Suid-Afrika het nou in totaal sewe medaljes, waarvan een goud, vyf silwer en een brons is.

Akani Simbine, nog ‘n Suid-Afrikaner, het vyfde gekom in die mans 100 meter, met ‘n tyd van 9,94 sekondes.

Usain Bolt van Jamaika het sy derde opeenvolgende Olimpiese goue medalje in die 100 meter verower, en het die wedloop in 9,81 sekondes voltooi.

Justin Gatlin van Amerika was in die tweede plek, en Andre de Grasse van Kanada, nog ‘n bruinman, in die derde plek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.