Skoppensboer: Die DA en EFF ‘verskil net in taalgebruik’

Skoppensboer is genoodsaak om te bely: Hy het nie in die pas afgelope munisipale verkiesing gaan stem nie. Hy het dit sterk oorweeg om sy stembrief te gaan bederf, maar toe hy die lang ry mense by die stemlokaal sien, het hy besluit om liewer die ekstra vakansiedag te gaan geniet en inkopies te doen. Hierdie tyd van die jaar is daar mos geen gebrek aan uitverkopings nie en met die ekonomie wat knyp is die winkelgroepe gretig om van hul ware teen afslagpryse ontslae te raak.

Die groot rede vir Skoppensboer se besluit om buite stemming te bly, was egter nie sy kooplus nie – immers kan mens deesdae elke dag, selfs Sondae en vakansiedae gaan “winkel” soos die Hollanders sê – maar die gebrek aan enige geestesgesonde party om voor te stem. Tussen die ANC, EFF, DA en VF Plus wemel dit van soveel teenstrydige uitsprake dat ‘n mens eintlik die geestessiekes – “geestelik gestremdes” klink seker meer PK – beledig deur hulle kranksinnig te noem.

James Selfe
James Selfe

James Selfe (foto hiernaas) het egter nou die kroon gespan op die absurde kaperjolle van ons narpolitici deur te verklaar dat die DA en die EFF tog te lekker gaan saamwerk:

“Daar was uiteraard skerp ideologiese verskille, maar ons het tog gevind dat daar sterk ooreenkomste is. Nadat ons verskille in taalgebruik in die onderskeie manifeste ontleed het, het ons agtergekom dat daar eintlik merkwaardige ooreenkomste is.”

Nou ja, daar het u dit, tussen die marxisme-leninisme en fanonisme – Frantz Fanon was so min of meer ten gunste daarvan dat blanke koloniste voor die voet doodgemaak moet word ten einde die psiges van die “gekoloniseerdes” te reinig – van die EFF en die DA se (pseudo-)liberale “oop samelewing” haper slegs enkele “verskille in taalgebruik”. Een van die dae doseer hulle seker by die “getransformeerde” Suid-Afrikaanse universiteite wat deur die EFF-jeugbevel op horings geneem is, die werke van Karl Marx-Popper. Ná die Groot Versoening het ons agtergekom dat liberale demokrasie en kommunisme eintlik dieselfde ding is, en dat die diktatuur van die proletariaat moes plek maak vir die heerskappy van die holkoppe.

As ‘n mens so daarin dink, was die hele koue oorlog eintlik ‘n geval van “verskille in taalgebruik”. In elk geval glo elke aangehoudene in die groot gestig wat “Suid-Afrika” heet ná jare lange propaganda deur die es-ei-bie-sie en Naarpers dat die koue oorlog maar net “apartheidspropaganda” was. Al die kommunistiese revolusies waarin tienmiljoene mense omgekom het, was net leuens wat Dawie de Villiers, die oud-Springbokkaptein, uitgedink het toe hy die destydse NP-minister van inligting was. Nie dat Dawie de Villiers enigiets sou kon uitdink nie, maar dis wat die gemiddelde “Suid-Afrikaner” en veral joernaliste vandag glo. Die term “joernalis” is seker ook nie meer polities korrek nie; mens moet eerder praat van “mediawerker”, wat iewers aan “sekswerker” verwant is, behalwe dat laasgenoemde tipe werker waarskynlik oor meer beginsels as mediawerkers beskik.

Eendag het Skoppensboer toevallig in ‘n kafee met ‘n Engelse tannie aan’t gesels geraak wat vir ‘n nie-regeringsorganisasie met buitelandse befondsing werk en genoeg kondome in Hillbrow en Berea aan sekswerkers uitdeel om ‘n rubbertekort in Thailand te veroorsaak. Vir diegene wat nie weet nie: Thailand is die wêreld se voorste rubberprodusent wat 3,3 miljoen ton daarvan per jaar lewer. Waarskynlik absorbeer Suid-Afrika ‘n aansienlike gedeelte van dié produksie, dog sonder dat ons bevolkingsgroei hoegenaamd afneem. Want terwyl “die regering” – ‘n mens moet dit tussen aanhalingstekens plaas, want wie kan hulle nou ernstig opneem? – en NRO’s tonne kondome uitdeel, betaal hulle ook kindertoelaes om meer telge te verwek.

Skoppensboer dwaal egter nou van die onderwerp af. Dit gaan oor die klug van Suid-Afrikaanse “demokrasie”. Want net soos die Vryheidsfrontkiesers enkele jare gelede nog vir hul “regse party” gestem het, net om te vind dat Die Leier soos Pieter Mulder se adjudante hom noem, intussen ‘n ANC-adjunkminister geword het, gaan die stomonnosele, armsalige DA-kiesers nou uitvind dat hulle eintlik die opgang van die EFF bevorder. Die EFF wil blykbaar hê dat grondeiening sommer dadelik moet begin. En die DA gaan moontlik daartoe instem.

Daar is mos so ‘n grappie oor politici: “As jy nie van my beginsels hou nie, ek het ander ook.” Die DA wat gister nog gepopel het oor “goeie, korrupsievrye regering”, gaan nou in die bed klim met die EFF wie se leier, Malema, nog laas in Limpopo tereggestaan het op aanklagte dat hy en die On Point-ingenieursmaatskappy ‘n tender van R52 miljoen van die Limpopo-departement van paaie en vervoer ontvang het. Dié saak is uiteindelik in 2015 van die hofrol verwyder omdat die staat gerieflik te lank geneem het om sy saak voor te berei. Vir seker gaan die DA, anders as in die geval van Jacob Zuma, nie daarop aandring dat die duister verlede van sy nuwe “vennoot” ondersoek word nie.

En om James Selfe aan te haal: “Daar (bestaan) eintlik merkwaardige ooreenkomste” tussen die DA en die EFF.

Dis seker net ‘n kwessie van tyd voordat Mmusi Maimane en Helen Zille hulle ook in die Highgate-begraafplaas by Karl Marx se graf met gebalde vuiste gaan laat fotografeer.

Soos ons weet, was Karl Marx soos Karl Popper ná hom, ‘n voorstander van ‘n “oop samelewing” met vrye ondernemerskap.

Net “rassiste” en “dom regses” sou beweer dat Popper in sy tweebandige werk The open society and its enemies felle kritiek op Marx gelewer het, en dat dit om diepgaande politieke verskille gaan wat ‘n konserwatiewe land soos Switserland onderskei van Kambodja of Mosambiek waar kommunisme op rampspoed en selfs volksmoord uitgeloop het. Om nie te vergeet van Rusland, China en al die lande in Oos-Europa wat insgelyks jare lank onder die Rooi ideologie gely het nie.

Maar nou ja, sommige mense sê dat die 100 miljoen sterftes onder kommunisme eintlik niks was nie. Dit was maar een van vele maniere om menseregte te laat seëvier. Soos James Selfe en sy DA-libdiote sou sê: “Dis net verskille in taalgebruik.”

Die arme ou Oostenryker, Karl Popper, draai seker vandag in sy graf om. Nie net het George Soros die term “oop samelewing” misbruik vir sy kleurrevolusies en geknoei met markte nie, maar die DA sal dit voortaan aanwend om kommunisme, kollektiewe landbou en nasionalisering in ons land in te stel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • G

    Wonder was sê James Selfe oor Isis en radikale Moslems? Verskille in taalgebruik seker. Politiek in SA is wragtag vir holkoppe.

    • Dave

      …’radikale moslems’? Waarom skryf jy moslems met ‘n hoofletter wat dui op respek? Het jy al ooit ènige moslem gehoor kritiek lewer teenoor wat jy noem die ‘radikale’ deel van hulself? Daar is nie werklik ‘n verskil en dus is ‘n moslem ‘n moslem want hul godsdiens is dieselfde.

      • G

        Jy is nie baie slim nie Thys. Bedoel jy Selfe sal Moslems uitsluit?

        • Dave

          Waarom spreek jy my aan as ‘Thys’? Waarom lees jy nie lekker nie? Of was wat jy sê eintlik werklik vir Thys bedoel?

      • Maus

        (((Dave))) verwar weer Moslem vir Jood. Daardie einste gespuis wat Jesus Christus vermoor het en in hul heilige plekke en boeke vloek, hulle is sy verlossers. Dis reg sit al jou sekels op hulle.

  • Kalium_Chloraat

    Ek dink nie een hier is verbaas oor DAEFFies se samewerking nie. Hulle onderskryf tog dieselfde beginsels naamlikl eiebelange.

  • Johan D du Toit

    Skoppensboer, net ʼn vragie of twee! Jy sê jy het nie gaan stem nie, is dit dan reg van jou om nou bek uit te spoel? Indien jy en vele ander wat soos jy buite stemming gebly het wel gestem het, sou dit nie dalk net gehelp het nie!
    Die rede wat jy voorhou klink vir my maar hol omrede die einddoel op hiedie stadium tog was om die anc uit die kussings te lig of ten minste hul greep te verminder!

    • Kalium_Chloraat

      Die “as jy nie vir die spul stem nie stem jy vir die ander spul” storie verveel my erg. Dit is ‘n logikafout, want dit is gebaseer op die premis dat die kleiner euwel beter as die grote euwel is (die anc moet uit die kussings gelig word). Skoppensboer was reg en dink suiwer. Die DA is net die eenkant van die munt waarop die anc aan die ander kant is. Hulle verkondig beide die “Freedom Charter” en beide is die Afrikaner, sy taal en kultuur ewe vyandig gesind. Verder is hy geregtig daarop om te kla, want hy betaal belasting en die groter euwel mors sy geld net soos die kleiner euwel.

      Onthou jy nog toe daar vir ons vertel is dat as jy nie NP stem nie stem jy ANC ent toe 2 jaar later is die NP pens en pootjies in die ANC? Dit was ook ‘n kleiner euwel is beter as die groter euwel. Wat het van beginsels geword?

    • Karel Combrinck

      Skoppensboer kan seker vir homself antwoord Johan, maar ek wil tog ook ‘n stuiwer ingooi. Vir wie moes Skoppensboer byvoorbeeld gestem het? Meen jy dat as hy vir die DA of vir die FV of vir die EFF gestem het dat dit dalk sou “gehelp” het? In hierdie stadium is daar ongelukkig net geen kanse om die ANC uit die kussings te lig nie, so graag as wat ons dit ookal wou doen. En selfs as sou ons hierdie wonderwerk kon vermag, meen jy dat ‘n DA/EFF ‘n veel beter keuse is as die ANC?

      • Johan D du Toit

        Ek skryf aan niemand voor vir wie of wat hy moet stem nie! Dit is elke ou se eie keuse!

        • Rutger

          Hierdie stelling van jou is 100% voorskriftelik EN erger nog skoorsoekerig en veroordelend! “Jy sê jy het nie gaan stem nie, is dit dan reg van jou om nou bek uit te spoel?”

          • Johan D du Toit

            Ek sien nêrens dat ek voorskryf vir wie hy moet stem nie! Sou ek dit wel gedoen het is dit voorskriftelik!

          • Rutger

            Nee, jy veroordeel diegene wat uit kennis – iets waaroor jy blykbaar nie beskik nie – nie wil stem nie en dan erger nog ontsê jy hulle ‘n mening! Deur mense te wil dwing om te stem om ‘n mening te mag hê is 110% voorskriftelik. Dis nog veel erger as om ‘n party aan te beveel. Maar ek kry die idee ek mors my tyd met jou. Jy kan of wil heel basiese dinge nie begryp nie!r

          • G

            Snaaks, nou is Hoedjie ook skielik te bang om sy party “wat die ANC uit die kussings gaan lig” te adverteer. Wonder watter party het hy voor gestem? Of nie. Ou DA tang.

          • Johan D du Toit

            Jou afleiding is korrek dat jy jou tyd met my mors! Nie een van julle wat afbrekende en beledigende taal gebruik het sal my ooit oortuig van jul standpunte nie! Julle probeer juis om my te dwing om te erken dat julle en net julle reg is!
            Vergeet daarvan, dit stoot my en baie ander net verder van julle af weg!
            Kwaad gaan sekere van julle my ook nie kry deur beledigings nie, dit verraai net die kwaliteit van debatvoering waartoe sommige, sogenaamde “slimmes”, in staat is!
            Ook is ek nie skaam vir wie en wat ek is nie, ek skuil nie agter skuilname en geen profiel foto’s nie en daal nie tot die vlak van beledigings nie!
            Wat my politieke oortuigings is en vir wie ek stem het ook met niemand iets uit te waai nie!

          • Rutger

            Jy is natuurlik skaam vir wat jy is. As jy nie was nie sou jy jou keuse oop en bloot gestel het in debat. Maar duidelik wil jy geen debat voer nie, net wegkruip en maak of jy klaar ‘n meerderheid van een is. Lagwekkend! Verdedig jou keuse en hou op beledig! Jy het begin met beledigings en voorskrifte of is “bek uitspoel” vir jou beleefde Afrikaans? Maar jy kan nie jou keuse verdedig nie, want die EFF en DA is onverdedigbaar!

          • Johan D du Toit

            Ek het reeds gesê dat ek nie skaam is vir wie en wat ek is nie!
            Ek hoef ook nie my keuse bekend te maak of verdedig nie veral nie teenoor jou of enigiemand op die forum nie of mag net sekere mense hier kommentaar lewer?
            Ek kruip ook nie weg nie, hoekom sou ek wou? My profiel is immers daar vir almal om te sien!
            Lys asseblief my beledigings en voorskrifte?
            Vir jou informasie is “bek uitsspoel” ʼn erkende Afrikaanse uitdrukking en nie beledigend nie, dit is nou afhangend daarvan wie aan die ontvangkant is!
            My keuse is nie bekend nie so hoekom aanvaar jy die DA/EFF was een van my keuses? Aangesien jy in die donker rondtas en op aannames vertrou hoef ek myself en my keuses nie bekend maak en of te verdedig nie!
            Net so terloops, as jy verseker weet wat my keuse was en is, wat presies gaan/kan jy daaraan doen?

          • Rutger

            Natuurlik is daardie uitdrukking beledigend. Verstaan jy dan nie die betekenis van “erkende” Afrikaanse uitdrukkings nie? Maar dis tipies van ‘n DA ondersteuner. Geen insig en geen inbors nie. Die vraag is eintlik wat jy en jou mislike DA daaraan gaan doen as stem nie meer sin maak vir wit kiesers nie. Dan het julle ‘n helse probleem op hande.

          • G

            Nee wat, hulle kook net die uitslae. Dis verseker wat hulle die keer ook gedoen het. Gaan doen ‘n peiling van 20 mense. Die meeste het nie gaan stem nie. Dit sê al klaar vir jou iets is verkeerd.

    • Rifrug

      “sou dit nie dalk net gehelp het nie”?

      Nee, dit sou nie gehelp het nie. Ek stem saam met Skoppensboer! Dis dwaas om te stem. Deur te stem ligitimeer jy die huidige bestel.

      praag.co.za/?p=27087

    • G

      Jy mis die punt by ‘n myl. Wie wil die DA/EFF aan bewind hê? Net ‘n nool sal sulke nonsens kwytraak!

    • Rutger

      Politiek en stem is vir dom mense. Jy is die bewys.

      • Johan D du Toit

        Ten minste weet ek dat ek nie van die slimste is nie! Net so terloops, beskou jy jouself as “slim”?

        • Rutger

          Ek het nie gestem nie, want ek is nie van Naspes afhanklik vir (‘n gebrek aan) inligting nie. As jy ingelig raak, sal jy slimmer lyk.

          • Johan D du Toit

            Ek het regtig nie geweet hoe jy lyk verraai hoe slim jy is nie! Dankie vir die Info!

          • Guest

            Yes quite. They say this fellow was clever too. Looks are deceiving. There may be a moron hiding under a hat.

        • G

          Seker omdat Rutger kan uitwerk die DA/EFF sal die ANC vervang en wat is beter daaraan? Watter idioot gaan daarvoor stem?

    • Thys Du Plessis

      Johan D Du Toit, Jou arme drommel, jy beskuldig n ou omdat hy liewer op die kant bly staan het as om sy keuse uit te voer om of in n lawa poel in te spring, of in n hok vol mambas te tart met kaal hande, of om n trop honger leus te gaan streel of om hom sommer net self te skiet. Jy is so geïndoktrineer dat jy nie eers besef dat jy bloot kan kies om nie deel te neem nie, om nie te help om jou eie ondergang te bewerk nie.

    • Maus

      Wanneer jy stem gee jy jou goedkeuring aan onreg. Anders as jy het ons ‘n broertjie dood aan onreg en ons weet as jy ‘n huis daarop bou gaan dit verseker in duie stort, dalk nie op jou nie, maar op jou kinders. Maar wat gooi ek my perels voor ‘n vark..

  • Wat die ooreenkomste tussen die DA en die EFF betref:

    Mmusi Maimane:

    “We have already advanced the land reform in the Western Cape faster than any other province. But we can’t just talk about rural land reform, we must also talk about urban land reform… We are here to say, under the DA, we will accelerate land reform…”

    “We need a BEE that benefits poor black South Africans, not the politically connected, not the elite, but we need to address the structural inequalities and benefit the poor in our country.”

    Was dit nie maar nog altyd die teorie van Swart Bemagtiging en Rasstellende Aksies nie? In die praktyk het dit nog altyd ‘n klein groepie bevoordeel ten koste van die meeste arm Swartmense.

  • Albert Brenner

    Netjiese skrywe, soos altyd 🙂

    Wonder hoe gaan die half-jood (((Zille))) met 100% anti-Israel Kiddie Amin bed maak…

    O wag, Black Sash was mos lekker innie bed met SAKP Ronnie Kasrils daai tyd.

    En so sluit die sirkel… na al die jare.

  • jan

    Mooi skrywe soos altyd Skoppies :-))) : ‘Oeeee maar die man se WOORDE !!!”
    Ek het aan iets ouliks gedink onder die Putin bespreking. Maar Moederator dink nie so nie.
    Dit gaan oor verwarring as kern deel van psy-ops. Massa hipnose.

    Sodat daar altyd ouens sal wees wat so sterk VERBEEL dat hulle sommer gate in dromme wil skop

    Sogenaamde BEE kick boxing.

  • Rifrug

    “En om James Self aan te haal: “Daar (bestaan) eintlik merkwaardige ooreenkomste” tussen die DA en die EFF.”

    Dit moet seker ‘Selfe’ wees. Of ‘self’.

    Lekker skrywe kaartman Skoppensboer. “doe zo voort”

  • Anton Schutte

    Uitstekende kommentaar, en weerspieel my gevoelens oor die opsies. Mens kon op die dag stem vir die ANC, openlik deur die kommunistise party beheer, of dan die DA wat so links gesind is dat n mens nie n balhaar tussen hulle en die ANC kan deur trek nie, en dan die EFFing party, wat openlik marxisties is. N slegte keuse op sy beste.

  • jan

    So die enigste logiese opsie vir ons is om as Uitwoners by Orania te registreer en daar te stem vir die dorpsbestuur. Slegs een verteenwoordiger vir die Uitwoners.uit 12.
    Die swartes en kleurlinge en Wittes hier in Tsafendastan is almal dit eens dat die partypolitieke bestuur die oorsaak van .die haatlike gemors is. Almal is gatvol vir vreemdelinge wat ons werk kom vat terwyl plaaslike kundigheid honger ly. Die tyd vir trekarbeid van globalisasie is verby.
    Zenofobie loop mooi. – voorkeur aan plaaslike arbeid is almal se pyn.
    Geen politieke aanstellings van vreemdelinge meer vir dorpsbestuur nie.
    Orania se model van plaaslike vaardighede is die toekomsmodel van dorps en streeksontwikkeling.

    Dis die kern van werkskepping by die woonplek.

    • G

      Nee dit is nie. Daar is geen rede om al jou bates aan die swartes en Jode oor te gee nie. In al die jare wat jy hier advertensie maak vir Orania het niemand nog getrek nie. Kry julle nie die boodskap nie?

      • jan

        In al die jare wat julle hier derms uitryg en spookstorie vertel en teen hogere bome pis het julle niks – minder as niks – net soveel werd as ‘n halwe mond vol vrot tanne. Julle het slegs ‘n verlede.
        Mens kan in julle aapzania nog net vloek in afrikaans.
        Ons syne is R500 miljoen wêrd groeiend ekspnensieel 8.5 %
        As Uitwoner kan julle deel in die toekoms. – dis die hele argument.
        Geniet julle PK bywoner status.

        • G

          Ek het geen verlede nie. Dis wat jou ou tirades so vervelig maak. Dis alles net oor die verlede en grens eintlik aan dementia. Ek het darem nog nie besoek van ou Julius ontvang nie.

          • jan

            Wat is julle toekoms in PK Aapzania ?
            Vergelykbaar het met ‘n krieket wedstryd: Die laaste paaltjie is plat met net twee balle oor!!

          • G

            Jy het nie balle nie, nie paaltjies nie, nie ‘n span nie en belangrikste f0kol toeskouers. Jy sit en skree daar uit die hok wat Julius vir jou gebou het. Moenie dat hy hoor jy noem hom ‘n aap nie. Al die aansitterigheid van medemenslikheid en twak wat Oraniërs verkondig verdamp as julle agterkom ons skrik nie vir swartes nie. Dan begin julle met swart gevaar en rassisme net soos die DA. Dom broeders. In watter Afrikaans sal jy verstaan ons gaan nie ons bates vir die Jode en die swartes gee nie? Is jy doof of is jy DAEFF?

          • jan

            As mens goud iewerster by ou Forrest G-ump kan indruk dan is hy net 5 sent wêrd.

            Ek sê juis dat jy NIE jou bates moet vervreem nie ou Plattes en slegs STEM in jou eie volk se streeks ontwikkeling. Julaaaaik

            I dit nou so moeilik? HMM?
            Die era van polities korrekte peoonlike selfbeskikking is hoeka verby vir almal.. Boet.
            Die toekoms gaan oor volksbeskikking.

            Selfs Trump kry die stuipe daaroor.

          • G

            Dis nie Orania nie. Kom by. Die meeste Afrikaners woon nie daar nie.

          • jan

            Ja G-ump
            Jyt slegs ‘n hede maar…” geen verlede ” en nog minder ‘n toekoms .
            Geniet die rit – sit sit soooo

          • G

            Nog ‘n bietjie swart gevaar medisyne? Klink vertraag.

          • Wim

            Hoe gaan die streek by die mense uitkom? Die Afrikaners woon in Pretoria.

          • jan

            Virtuele staatkunde

      • Dion Benny

        Ek sal dit weer hier plaas aangesien dit toepaslik is. Dit het nie sin gemaak om vir enige een te stem nie. Ek het mense gese dat ‘n stem vir die DA ‘n stem vir die EFF. Nou is hulle verbaas of soos mense is, kwaad dat hulle so uitverkoop word. Dit is eintlik maar net “demokrasie”: die een wat in die meerderheid is, dit is vir wie die partye hulle steun gee. In die VSA, gaan dit die Suid- en Sentrale Amerikaanse mense wees en soos ons nou sien, die met moslemafkoms in Europa.
        Die ANC-kommuniste word nou onder die bus gegooi en letterlik afgemaai.

        In ‘n globale konteks, is die einddoel wereldkommunisme, oftewel, demokrasie. Die lande wat dit nog nie voluit toegepas het nie (bv. Rusland, Sjina) word nou geteiken totdat hulle dit aanvaar of tot oorlog uitloop. Sentrale Banke (wat nie aan die publiek of nasie behoort nie) is besig om alles in hul verskeie lande te koop en te verkoop. Dit sal so te se alles aan die BIS (die sentrale bank van sentrale banke) in Basel behoort. Al die rykdom sal in die hande van ‘n sekere groep wees.

  • Rooikop

    Indien mens nou die tyd sou mors om aan die politieke gemors deel te neem is die enigste stem ‘n bedorwe een wat sê dat AL die partye saam nie die moeite werd is om voor te stem nie.

    Ek het al by verskeie geleenthede gesê dat die DA erger is as die ANC. Daar is zero verskil in hulle beleide. Waar die DA egter wen is met effektiwiteit – hulle is baie meer effektief as die ANC so hulle gaan grondgryp en besigheidsgryp (BEE) baie vinniger en beter deurvoer as die ANC. Nou spring hulle nog in die bed met ‘n klomp rooiberet goed wat nie net ons grond en goed te vat nie maar ons lewens ook!

    Skoppensboer – dankie vir ‘n lekkerrrrrr artikel. Ek het ‘n hele paar keer heerlik gelag vir die pittighede wat jy kwytraak – doen so voort!