Geen demokrasie vir Somalië nie

Deel op

Somalië sal op 30 Oktober na die stembus gaan vir presidentverkiesings. Parlementêre verkiesings sal volgende maand begin. Maar dit sal nie gewone verkiesings wees nie.

Internasionale ondersteuners van die Somaliese regering hoop dit sal ’n lankverwagte terugkeer van stabiliteit in die land bring.

Die Verenigde Nasies geborgde federale span vir die implementering van verkiesings het met die land se streekleiers en die president vergader om die verkiesingskalender op te stel.

Verkiesings vir die lede van die parlement sal vanaf 24 September tot 10 Oktober gehou word.

Westerse hulporganisasies het die land aangemoedig om so gou moontlik te stem.

Somaliese owerhede en internasionale borge moes ‘n plan bedink om demokrasie af te skaf grootliks te wyte aan “sekuriteitsuitdagings” vir die Westers-gesteunde regering wat met ‘n Islamitiese opstand te kampe het.

Lede van die nuwe parlement van Somalië wat verkies word vanjaar moet aansluit by ‘n politieke party binne twee jaar of bedank as deel van pogings om stampolitiek te keer, het ‘n forum van die plaaslike en nasionale leiers besluit.

In plaas daarvan, sal sowat 14.000 uitgesoekte mense van federale state die 275 lede van die laerhuis van die parlement aanwys.

Hoewel dit ‘n fraksie van Somalië se 11 miljoen mense verteenwoordig, is dit klaarblyklik al manier waarop die Weste die Moslems uit die regering kan hou.

Daar sal dus geen kieserregistrasie plaasvind nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.