Brief: Poetin enigste leier met ruggraat

Deel op

Navorsing oor militêre magte en oorloë is al vir baie jare een van my stokperdjies. Die afgelope paar jaar haak ek vas by Rusland se spesiale magte, genaamd Spetsnaz. Ja, ek hou van Rusland. Ek het respek vir hulle militêre mag en ek dink dat pres. Poetin die enigste leier in die wêreld is wat logies en selfstandig dink.

‘n Paar weke gelede vat ek vir Leopold Scholtz aan oor sy anti-Russiese propaganda wat hy alewig in ‘n mens se keel probeer afdruk. Ek het onder andere daarop gewys dat Spetsnaz goeie werk in Sirië doen deur die twee miljoen Christene in die land teen ISIS en Al-Nusra te beskerm. Maar Scholtz bly vashaak in sy droomwêreld waarin hy blykbaar oortuig is dat ons in die 1960’s lewe. Hy probeer tog so uiters hard om Rusland en Poetin as kommunistiese fasciste uit te beeld.

Ek probeer glad nie sê dat Poetin en Rusland volmaak is nie. Almal het hulle foute. Maar waar Scholtz aan die klomp snert kom wat hy opdis, sal geen mens weet nie. Indien hy sy navorsing ordentlik doen, sal hy sien dat Poetin se beleid in Rusland onder andere die volgende behels:

  1. Aborsie is verbode. In uitsonderlike gevalle waar aborsie wel toegepas word, word dit streng ondersoek en gekontroleer.
  2. Dobbel is onwettig.
  3. Gay-huwelike is onwettig.
  4. TV-reekse soos South Park en Simpsons is verbied, omdat beide reekse lief daarvoor is om met die Bybel te spot.
  5. Lasterlike uitsprake in die openbaar teen Christus en die kerk is verbode en kan daartoe lei dat jy ongeveer 12 maande gevangenisstraf kry.

Poetin klink vir my geensins na ‘n kommunis en ‘n diktator nie. Dit klink eerder asof hy poog om streng morele beginsels in sy land te handhaaf. Dit is opvallend dat morele verval al hoe meer toeneem in die Weste.

Rusland weier eenvoudig om ‘n skoothondjie van die VSA en sy Nuwe Wêreldorde te wees. En dit is verblydend, want ten minste is daar nog iemand wat ‘n ruggraat het.

– Tertius Fourie, Bloemfontein.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.