Kanadese polisie fnuik ISIS-terreuraanval

Deel op

Die Kanadese polisie het ’n vermeende simpatiseerder van die Islamitiese Staat-groep (ISIS) doodgeskiet, wat op die punt was om ’n ploftoestel láát Woensdag in Ontario te laat ontplof.

Die polisie het bevestig dat ’n “potensiële terreurbedreiging die hoof gebied is” het AFP berig.

“Die RCMP het geloofwaardige inligting oor ’n potensiële terroriste­bedreiging ontvang. Die verdagte is geïdentifiseer­ en gepaste stappe is gedoen om te verseker dat geen gevaar vir die openbare veiligheid bestaan nie,” lui ’n verklaring van die Royal Canadian Mounted Police (RCMP).

Die polisie het nie aangedui waar die voorval plaasgevind het nie, maar die media berig dat die voorval in Strathroy, Ontario. plaasgevind het.

Die Kanadese media berig dat die verdagte ’n 24-jarige man was wat in 2015 in hegtenis geneem is omdat hy sy steun aan ISIS op sosiale media toegesê het. Hy is in Februarie vrygelaat, maar is noukeurig deur veiligheidsmagte gemonitor.

’n Familielid het aan die Kanadese uitsaaier, CBC, gesê hulle is deur die polisie in kennis gestel dat hy doodgeskiet is vóór hy ’n ploftoestel wou aktiveer.

CTV het op sy beurt berig dat die ontploffing vir ’n groot stad in ’n volgepakte openbare gebied beplan is.
Die RCMP sê die onder­soek duur voort soos nuwe inligting aan die lig kom.

Kanada was in Oktober die teiken van twee af­gesonderlike alleenloper-­aanvalle in Quebec en Ottawa.

In Saint-Jean-sur-Richelieu,­ 40 kilometer­ suidoos van Montreal, het ’n jong man met sy motor in twee soldate in ’n parkeer­gebied vas­gejaag. Een van die soldate is dood voor die polisie die aanvaller ná ’n kort jaagtog doodgeskiet het.

Twee dae later, op 22 Oktober 2014, het ’n aanvaller ’n militêre wag doodgeskiet en die parlements­gebou bestorm, voordat hy deur veiligheidswagte doodgeskiet is, meters van die vertrek waar die eerste minister en sy koukus vergader het.

Ná hierdie aanvalle­ het die konserwatiewe regering ’n wetsontwerp aanvaar waarin die RCMP en Kanada se spioe­nasie-agentskap bykomende magte gegee is om terreurkomplotte te fnuik en Kanadese jeugdiges te verhinder om in die buite­land by ISIS aan te sluit.

Kanada het in September 2014 by die Amerikaans-­geleide koa­lisie teen ISIS aangesluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.