Reuters gooi koue water op CNN se valse beriggewing

Deel op

Die Reuters-nuusdiens het koue water gegooi op hitsige Demokratiese beskuldigings dat die Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump, aan die hand gedoen het dat aktiviste vir wapenregte sy Demokratiese teenstander, Hillary Clinton uithaal.

Demokrate het egter die geleentheid aangegryp om die opvatting te skep dat Trump nie die woorde wat uit sy mond kom, kan modereer nie, nog minder die besluite wat hy as president sal neem.

Maar Reuters het CNN se valse vertolkings en vooroordeel oor sy opmerking oor Amerika se Tweede Amendement ontbloot.

Reuters het dadelik gesê dat “‘n federale amptenaar het gesê die Amerikaanse Geheimediens het nie formeel met presidensiële veldtogvoerders van die Republikeinse kandidaat Donald Trump geskakel in verband met sy voorstel ‘n dag vroeër rakende wapenregte-aktiviste wat die Demokratiese teenstander Hillary Clinton moet konfronteer omdat sy hul toegang tot vuurwapens wil verhoed nie.”

Trump het Reuters se weerlegging van die CNN-berig dadelik hertwiet.

Die jongste omstredenheid spuit uit opmerkings wat hy uit die vuis tydens ‘n politieke vergadering gemaak het.

Soos telkens in die verlede het Trump se opponente die opmerkings opsetlik kwaadwillig vertolk.

“Gee my ’n kans,” het Trump etlike ure later gesê en verduidelik dat hy verwys het na die mag wat kiesers by die stembus het.

Trump het vroeër gesê kiesers moet verhinder dat Clinton verlinkse regters vir die Amerikaanse hooggeregshof nomineer. Dit het die storm van kritiek teen hom ontlok.

Terwyl Trump nooit enige geweld teen Clinton aangemoedig het nie, is sosiale media vol voorbeelde van Demokrate wat verklaar dat Trump doodgemaak moet word. Geen stappe word teen sulke Hillary-ondersteuners geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.