China suur oor ontplooiing na Spratly-eilande

Deel op

Viëtnam het verskeie van sy eilande gefortifiseer in die Suid-China See wat die bron van ernstige dispute tussen China en die VSA is.

Nuwe mobiele vuurpyllanseerders is glo na die eilande ontplooi, maar Viëtnam se minister van buitelandse sake sê die inligting is “foutief”.

Amerikaanse militêre personeel sê van die toerusting is na vyf basisse van die Spratly-eilande ontplooi.

Hierdie lanseerders is in staat om China se aanloopbane en militêre installasies oorkant die noodsaaklike handelsroete te bereik, het Westerse veiligheidsbronne gesê.

‘n Internasionale arbitrasie-paneel se bevinding verlede maand dat China se ekspansionistiese maritieme aansprake in die Suid-China See onwettig is, het vroeër woedende reaksie in Beijing ontlok.

China het Woensdag in ‘n verklaring gesê hulle het steeds volle soewereiniteit oor die gebied en is gekant teen “onwettige uitbreiding”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.