Egipte muilband polisie

Deel op

Egipte se parlement het Dinsdag beperkings op die polisie goedgekeur wat hulle onder meer verhinder om inligting aan die media te verskaf.

Kritici sien dit as ‘n poging om menseregteskendinge en korrupsie toe te smeer.

Kragtens wysigings aan die polisiewet moet polisiebeamptes voortaan geskrewe toestemming van die ministerie van binnelandse sake hê, alvorens hulle inligting mag verskaf of enige dokumente, verslae of foto’s mag publiseer wat met hul werk verband hou.

Die straf vir oortreders is ongespesifiseerde gevangenisstraf en boetes tot so hoog soos 20 000 Egiptiese pond.

In Februarie, het die Egiptiese president Abdel Fattah el-Sisi gelas dat voorstelle aan die parlement voorgelê word nadat ‘n junior polisiebeampte ‘n taxibestuurder oor ‘n nietige tariefargument doogeskiet het en inwoners woedend gereageer het.

Maar dié maatreëls kom vermoedelik nadat daar botsende verklarings uitgereik is oor die lugramp op 19 Mei deser, toe EgyptAir vlug MS804, vanaf Parys na Kaïro, in die Middellandse See neergestort het en 66 passasiers dood is.

Die Franse minister van buitelandse sake Jean-Marc Ayrault het Egipte se minister van buitelandse sake Sameh Shoukry verlede week geskakel en gevra om aandag te skenk aan die stygende kommer van die families van die slagoffers van die ramp.

Hy het gesê dat die families van die slagoffers nog steeds wag vir die terugkeer van menslike oorskot en persoonlike besittings, en hulle het steeds nog geen duidelike uiteensetting van die redes wat gelei het tot die ongeluk ontvang nie.

Intussen is die oorskot van die Egipties-Amerikaanse Nobelpryswenner vir chemie, Ahmed Zewail, deur Kaïro se strate gelei.

Zewail het ’n begrafnis met volle militêre eer gekry wat deur Egipte se president en topregeringsleiers bygewoon is.

Zewail, wat pres. Barack Obama se raadgewer oor wetenskap en tegnologie was, het verlede Dinsdag in Amerika gesterf. Hy was 70 jaar oud

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.