NYT loods histeriese aanval teen Trump

Deel op

Vyftig sogenaamde Republikeinse veiligheidskenners, insluitende ‘n voormalige direkteur van die Amerikaanse intelligensiediens (CIA), het Maandag die party se presidentskandidaat, Donald Trump, uitgekryt as ongekwalifiseerd om die land te lei en gesê hy sal die “mees roekelose president in Amerika se geskiedenis” wees.

Die verklaring is die jongste verwerping van Trump se kandidatuur deur veteraan Republikeinse veiligheidspesialiste en word deur die felheid van die taalgebruik gekenmerk.

“Mnr. Trump skiet te kort aan karakter, waardes en ondervinding om president te wees. Hy verswak Amerika se morele gesag om die leier van die vrye wêreld te wees. Hy beskik nie oor basiese kennis en geloof in die Amerikaanse grondwet, Amerikaanse wetgewing en Amerikaanse instansies, insluitende geloofsvryheid, mediavryheid en ’n onafhanklike regbank nie,” lui die verklaring.

Volgens die verklaring sal nie een van die vyftig ondertekenaars vir Trump stem nie.

“Uit ’n buitelandse beleidperspektief, is Donald Trump nie bevoeg om president of opperbevelvoerder te wees nie.

Ons is inderdaad daarvan oortuig dat hy ’n gevaarlike president sal wees wat die land se nasionale veiligheid en welstand in gevaar sal stel,” lui die verklaring wat eerste in die New York Times gepubliseer is.

Trump het die koerant voorheen daarvan beskuldig dat hulle partydig is en nie belangstel daar in om objektief te wees nie. Hy het ook gesê hy vrees dat die verkiesing in November ‘n gekonkel gaan wees.

Intussen het Julian Assange op die Nederlandse televisieprogram Nieuwsuur gesuggereer dat Seth Rich (foto bo), ‘n Demokratiese medewerker die bron vir die Wikileaks-eposkraak was en nie die Russe nie.

Die Clinton-veldtogvoerders het Rusland die skuld gegee vir die vrystelling van gekraakte eposse wat aantoon hoe Clinton die Demokratiese verteenwoordigers manipuleer.

Rich is vermoor.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.