Eskom-staking kan krag knou

Deel op

Elektrisiteitsvoorsiening kan onder druk kom wanneer vyftienduisend vakbondlede van die NUM vandag aansluit by ‘n onbeskermde staking.

Die vakbond sê hy het besluit om voort te gaan met volskaalse arbeidsoptrede om die werkgewer te dwing om aan werkers se salariseise gehoor te gee.

Eskomwerkers word ingevolge arbeidswetgewing verbied om te staak.

Die president van die NUM Piet Matose hou vol dat hulle met arbeidsoptrede voortgaan en werkers sal veg vir hulle reg om te staak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.