Zambiërs nie entoesiasties oor demokrasie nie

Deel op

Zambië sal Donderdag stem in ‘n algemene verkiesing. Inwoners sal ook hulle stemme uitbring vir die volgende president van die land.

Maar daar is byna geen entoesiasme vir die demokratiese proses nie. Regoor Zambië is besonder lae stempersentasies in die 2014 verkiesing opgemerk. Net 32,36% van geregistreerde kiesers het deelgeneem.

Ontleders verwag dieselfde lustelose vertoning van kiesers by die stembusse waar min toustanery voorheen opgemerk is (foto bo).

Die koperryke land is die afgelope tyd swaar deur laer globale kommoditeitspryse getref, het AFP berig.

Die skerp afname in die prys van koper en swakker uitvoere na China, ’n belangrike handelsvennoot, tesame met ’n ommekeer in regeringsbeleid, het internasionale beleggersvertroue in die land ondermyn.

Die belangrikste kandidate vir die presidentskap is die tussentydse president, Edgar Lungu van die Patriotic Front (PF), wat in Januarie 2015 ’n naelskraapse verkiesingsvoorwinning behaal het, en Hakainde Hichilema van die United Party for National Development (UPND).

Die Zambiese kwacha was die swakste geldeenheid in die wêreld in 2015 wat met 42% teenoor die dollar gedaal het, iets wat Lungu dalk die verkiesing kan kos.

Die laaste verkiesing is gehou ná die onverwagte dood van pres. Michael Sata.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.