Mali gaan steeds gebuk onder djihadiste-aanvalle

Deel op

Minstens vyf Malinese soldate word vermis ná ’n aanval in die sentrale Mopti-streek van Mali, waar gewapende Islamitiese ekstremiste aktief is, het ’n militêre woord­voerder gesê.

Die aanvallers het Maandag een van die weermag se posisies tussen Tenenkou en Sevare aangeval. Die weermag gee Ansar Dine die skuld vir die aanval.

Ansar Dine is ’n hoofsaaklik Toeareg-groep wat vroeg in 2012, met die hulp van twee ander bewegings, waaronder Al-Kaïda in die Islamitiese Maghreb (AQIM), beheer oor die noordelike woestyngebied geneem het.

Die djihadiste is in Frans-geleide militêre operasies in 2013 uit die gebied verdryf, maar hulle voer steeds aanvalle van hul skuilings in die woestyn uit.

Ansar Dine het aanspreeklikheid aanvaar vir ’n aanval op ’n militêre basis by Nampala op 19 Julie waarin 17 soldate dood en 37 gewond is en ses vermis word.

Voortgesette internasionale militêre betrokkenheid sedert Januarie 2013 het die Islamitiese vegters uit belangrike bevolkingsentrums verdryf, maar groot dele van die land is steeds nie onder die beheer van Malinese of internasionale magte nie.

Djihadistiese groepe het vroeg verlede jaar begin om aanvalle in die sentrale en noordelike dele van Mali uit te voer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.