Die rykdom van ellende

ImageChinua Achebe en hoe die Bantoe hom in sy eie vernedering en nederlaag verlustig.

Onkonkwo, as julle nie geweet het nie, is soos ‘n hond begrawe.

Wel, ás julle dit nie geweet het nie, kan julle dit vir julleself lees op die blakerteks van die Nigeriese skrywer Chinua Achebe se oorprese boekie Things fall apart. Dit is selfs destyds tydens die sestigerjare  in Afrikaans vertaal onder die titel, ’n Pad loop dood.

‘n Blakerteks se woorde, moet ‘n mens onthou, word met groot sorg gekies. Jy het ‘n karige getal woorde om die lukrake boeksnuffelaar te oortuig om dié een te lees. Die goue reël, sou ek reken, is om in die blakerteks aan te dui wat dit in die boek is wat die moontlike koper sal wil lees. Daar is bepaal dat by verre die meeste lesers van Achebe se boek Afrika inboorlinge sou wees en ‘n Pad loop dood moes noodwendig ‘n weerklank van swartmense se emosies wees. Wat die potensiële lesers – mense van Afrika – van die inhoud van Achebe se boekie wil weet, het die uitgewers besef, is dat Onkonkwo soos ‘n hond begrawe is.

“Onkonkwo,” skryf die blakerouteur, “was een van die magtigste manne van sy stat. Toe kom die Europeërs en verwoes alles. En hulle verwoes vir Onkonkwo. Hulle het hom soos ‘n hond begrawe.” En? En niks. Hierdie is nie maar ‘n uittreksel uit die blakerteks nie. Dit ís die blakerteks, die hele blakerteks. Die uitgewers en Achebe het saam raakgevat. Duidelik. Meer as 10 miljoen eksemplare van die oorspronklike Engelse uitgawe van Things fall apart is verkoop, hoofsaaklik aan swartmense wat hulle verlustig het aan die gedagte van ‘n rasgenoot wat vernederend aan sy einde gekom het, nie om hom te verguis nie maar juis omdat sy verkleinering hulle verkleinering is en sy ondergang hulle ondergang is.

Hierdie aansporing om die boek te lees lê vreemd in die Westerse oog. In die Weste word heldhaftigheid en oorwinning gevier. Selfs as hy vergaan, moet die held se lewe deur sy oorwinning gedefinieer word. Die blakerteks op die rugkant van ‘n biografie oor Piet Retief, byvoorbeeld, sal nie vassteek by die verslag van hoe hy en sy troue kamerade verraai, vermoor en vir die aasvoëls gevoer is nie. Geen blanke leser sal gewen word deur die indruk dat Retief se algehele lewensbydrae in ‘n bloedige bondel verbryselde bene aan die voet van ‘n krans geëindig het nie. Die blakerteks sal noodwendig moet fokus op die vervulling van Retief se visie en die impetus wat dit gegee het vir die totstandkoming van die Afrikanervolk. Daar sal verduidelik word dat sonder Piet Retief se offer daar geen Bloedrivier sou gewees het nie. Oorwinning uit die roet van neerlaag is ‘n gewilde Westerse motief.

In teenstelling daarmee verlustig die Bantoe hom in sy eie vernedering en nederlaag. Hy het gou besef hy kan nie met die Westerling meeding op militêre, ekonomiese of administratiewe gebied nie. Maar daar is wins te maak uit die een posisie wat die Europeër verseg om in te neem: Dié van slagoffer, en nie bloot slagoffer van die algemene wispelturigheid van klimaat, epidemie of noodlot nie maar as ‘n ellendige wat juis deur die Westerling omvergewerp, neergevel en verdruk is.

 Die blakerteks het duidelik daarin geslaag het om potensiële lesers te oortuig dat daar welig namens hulle gely word in ‘n Pad loop dood. Tienmiljoen kopers kan nie verkeerd wees nie. Nie net is dit van Lagos tot Luanda voorgeskryf vir die leerlinge van Afrika nie, dit is met amper histeriese lofgesange in die Weste self ontvang waar mense amper ewe veel gefassineer is deur verhale van swart smart. Dit is tot meesterstuk geslaan en daar word slaafs onthou om dit in te voeg op 100-besteslysies. (My enigste verklaring vir dié ophemeling is dat die Westerse kritici so geskok was dat ‘n Bantoe ‘n hele boek waarskynlik op sy eie in Engels kon skryf dat hulle dit ongereserveer tot klassieke status verhef het.) Om uit die ganse letterkundeskat van alle kulture slegs 100 boeke te keur as die beste romans ooit is natuurlik ‘n intense subjektiewe oefening.

My subjektiewe mening is dat ek aan eenhonderd boeke net in Afrikaans kan dink wat beter is as ‘n Pad loop dood. Achebe se toegejuigde werkie het ‘n onsamehangende struktuur, die gebeure daarin en die karakters se reaksie daarop is onbestendig en die karakterisering is maar efferig en alles behalwe konsekwent. Die skryfstyl is eenvoudig, gestroop van fieterjasies ja, maar ook van atmosfeer. Die boekie is in 1958 geskryf en Achebe is net nog ‘n skrywer wat sy skryfstyl daardie jare in Ernest Hemingway se sleurstroom versuip het. Hemingway se styl is sterk en manlik. Hy het die oog van ‘n verslaggewer gehad en gebruik detail, dialoog en ‘n presiese beskrywing van dade om die leser te betrek. In die jare na die oorlog is sy styl wyd bewonder en deur troppe skrywers sonder noemenswaardige sukses nageboots.

Achebe se prosa is eerder kinderboekstyl en is skraps verdoesel as ‘n propagandatraktaat. Resensente het gepraat van sy “misleidende eenvoudige styl.” Daar was geen misleiding nie. Sy styl is net eenvoudig, miskien effe pretensieus so, soos die pseudo-mistieke selfhelpboekies van vroeër, geskryf deur iemand soos Og Mandino. ‘n Mens kry die indruk van ‘n skrywer wat sy potlood se punt natlek voordat hy skryf en, wanneer hy skryf, sy oë op skrefies trek van konsentrasie om tussen die lyntjies op die papier te bly. Dit is die soort prosa wat staatmaak op die keisersklereformule: Omdat daar min voor die oog aangaan, aanvaar kritici al te maklik dat daar iets meer substansieels iewers in die teks versteek is, al kan hulle self dit nie sien nie.

Inderwaarheid is daar weinig meer aan die boek as wat in die lyfteks te lees is. En die blakerteks is ‘n getroue eggo van die inhoud van die boek. Albei gebruik dieselfde klemsin: Hulle het hom soos ‘n hond begrawe. Dis asof Achebe ‘n baken, gevorm soos ‘n reuse uitroepteken, in die grond langs die lae, langwerpige duintjie in die harde Nigeriese grond gaan plant het. “Onkonkwo is soos ‘n hond begrawe!”

Vergeet van sy status as ‘n kampioenstoeier en stamleier, vergeet van sy drie vroue, sewe kinders, sy plaas – die sentrale feit van Onkonkwo se lewe is sy einde of, meer presies, die post scriptum na sy einde, meer spesifiek dat hy soos ‘n hond begrawe is. Bliksemse witmense!

Ek sou dink dat Onkonkwo, soos Achebe hom aan ons verduidelik, ruimskoots verdien het om soos ‘n hond begrawe te word. (As ons aanvaar dat die mens se beste vriend tradisioneel op ‘n afgeskeepte wyse ter aarde bestel word.) Hy is ‘n ongenaakbare karakter, vol neuroses en wantroue, afsydig teenoor sy vroue en afkeurig teenoor sy oudste seun, Nwoye. Daarby is hy deurtrek met bygeloof en pomp bloedlus styf deur sy Afrika-are. Wanneer ‘n “orakel” aanvoer dat die gode vereis dat Ikemefuna doodgemaak moet word, is Onkonkwo meer as bereid om daarby in te val, selfs al dui dieselfde siener aan dat Onkonkwo nie aan die moord mag deelneem nie. Dat iemand op die wispelturige woord van ‘n toordokter vermoor kan word, is gruwelik genoeg, maar Ikemefuna is nie sommer net ‘n toevallige kennis van Onkonkwo nie. Hy is ‘n jongman wat deur Onkonkwo as sy eie seun grootgemaak is. Dit keer nie vir Onkonkwo om opgewonde deel te neem aan die verraderlike lokval waarin die jongman vernietig word nie. En die een wat sy skedel uiteindelik met ‘n kapmes oopsplits is niemand anders as daardie pilaar van die samelewing, Onkonkwo self, nie. (Die stam reageer in afgryse op Onkonkwo se daad, nie omdat hy sy pleegkind wreed vermoor het nie, maar omdat die orakel gesê het hy moet dit vir die ander los.)

Hierdie is, volgens Achebe se denke, ‘n algehele onbenulligheid. “In Afrika,” lyk dit of hy sê, “kap ons ons kinders met pangas dood, en wat daarvan? Kom ons fokus op die belangrike dinge. Die Europeërs het gekom. Onkonkwo is soos ‘n hond begrawe.”

As ‘n mens met die blakerteks moet kibbel, is hierdie die aangewese punt. Dit is nie dat die waarheid nie gepraat word nie – die Engelse het Onkonkwo inderdaad begrawe en dit blykbaar soos ‘n hond – maar dit is nie die volle waarheid nie. Dit het Onkonkwo se stam vrygestaan om hom met alle teerheid en eerbetoon te begrawe maar hulle wou nie want… hy het selfmoord gepleeg en dit is teen hulle bygeloof om ‘n selfmoordenaar te begrawe.

Die besluit om met homself weg te doen het gevolg nadat hy een van die Engelse se boodskappers met daardie selfde getroue panga doodgekap het. Uit pure moedeloosheid oor sy stam se papbroekigheid om sy voorbeeld te volg, hang hy homself op. Sy dood, lei ‘n mens by Achebe af, was algeheel sinneloos.

Maar was dit regtig? Die waarheid is dat die fiktiewe Onkonkwo se dood meer as net winsgewend was, dit het die model van ‘n enorme industrie geword. Dit het gedemonstreer, as demonstrasie nog nodig was, dat daar ontsaglike profyt in die Afrikaan se selfbejammering is.

Sommer so met die intrapslag het dit van Chinua Achebe ‘n multi-miljoenêr gemaak en dit terwyl duisende meer verdienstelike boeke, artistiek en sosiaal, deur uitgewer en leser afgeskeep is. Achebe se genialiteit, indien enige, lê daarin dat hy sy rasgenote se ondergang en vernedering met soveel klem gevier het in die boek. As hy ‘n boek geskryf het oor ‘n Afrika inboorling se triomf, sou die Bantoe sy neus daarvoor opgetrek het en sou dit nie soveel as ‘n bries in die laning van die Westerse bewussyn gewees het nie. Maar die toonlose vertelling van ‘n Bantoe se vernedering het weergalm in die gesamentlike gemoed van ‘n Weste wat toe reeds in die liberalistiese maar geensins libererende greep van selfverguising was.

Die Westerling was, in ‘n vrugbare toeval vir Achebe, in 1958 besig om die formuliere en rituele van sy nuwe godsdiens, selfaanbidding, te ontwerp.

Friedrich Nietzsche het reeds in die 19de eeu opspraakwekkend verklaar: “God is dood.” Tom Wolfe noem dit die “tweede belangrikste stelreël in moderne filosofie". Nietzsche, verduidelik Wolfe, het hierdie nie as ‘n uitdaging aan God beskou nie. Hoe kon hy? Hy was nog altyd ‘n onwrikbare ateïs. Hy het eerder daardeur aangedui dat die rol van godsdiens in die lewe van die moderne mens aan die kwyn was en in die twintigste eeu sou verdwyn en daarmee saam sy morele ankers. Die mens se instinktiewe soeke om lojaal te wees aan ‘n mag sterker as hy en een wat oorwegend goedgunstig teenoor hom is, sou hom lei om “nasionalistiese broederskappe” te stig om aan te behoort. Hierdie broederskappe sou vir hulle die morele reg toe-eien om op die eiendom van ander nasionale groepe beslag te lê. Die hoogste reg behoort aan die broederskap self. Die filosoof het reg geprofeteer en in die twintigste eeu was die Nazi’s en die Kommuniste die presiese vergestalting van Nietzsche se “nasionalistiese broederskappe".

Maar hierdie broederskappe was nie die enigste ersatz godsdiens in die dorp nie. Die mens het reeds vir millennia ‘n ywer gehad om homself as god te verklaar en te aanbid. Die oersondaar, Adam, is na alles juis verlok deur die slang se belofte dat hy “soos God” sou wees. Hierdie entoesiasme was nog altyd enigsins gedemp deur die eenvoudige besef dat die mens nie homself of die res van die heelal geskape het nie – ‘n voorvereiste vir godstatus. Dié lastigheid is omseil deur Charles Darwin se gedagte dat indien die mens homself nie geskep het nie, het hy darem vanself ontstaan en dit is ‘n baie bevredigende naasbeste. Dit het vir die Westerling die filosofiese beweegruimte gegee om homself as god aan te stel. Die kwyning van die kerk se gesag, die stukrag van die Tyd van Rede en die tegnologiese uitbarsting van die twintigste eeu het die beslag gegee aan ‘n nuwe interpretasie van ‘n baie ou godsdiens.

Die votum van hierdie geloof is in die wekroep van die Franse rewolusie verskans: Vryheid! Gelykheid! Broederskap! Daaruit het die sillogisme gevolg dat as alle mense gode is en alle mense is gelyk, dan moet alle gode dieselfde status hê. Daar is nie sprake van “mindere gode” nie, om die titel van ‘n snikfliek van die tagtigerjare te leen en te vertaal. Aanvanklik het ekonomiese wedywering en ekspansionistiese koors veroorsaak dat hierdie leerstellinge tuis deur avant garde ghoeroes ontwikkel is maar nie op vreemde vastelande toegepas is nie. Oorlewing en nasionale wedywering was nog altyd die grootste mededinging vir godsdienste.

Maar na die helse ontwrigtinge van die vroeë twintigste eeu, het die Westerling in die vyftigers opsy gestaan van die inferno van sy militêre avonture en oorgegee aan die gedagte dat die mens skrander en wys genoeg is om sy eie tekortkominge aan te spreek en om die krisisse van die wêreld te besleg. Die Westerling het ‘n ywerige proseliet van sy eie godsdiens geword: Die mens is sy eie god en daar is geen onderskeid tussen gode nie. Ons is vry! Ons is gelyk! Ons is broers!

Toe “Things fall apart” in 1958 verskyn het, was die Westerling te gelyke tyd profeet, hoëpriester en ketter van die selfaanbiddingkultus. Die afvalliges was hulle voorgeslagte wie se entoesiastiese gierigheid en hardkoppigheid almal binne ‘n ommesientjie in twee en ‘n halwe wêreldoorloë (as die Koreaanse misverstand bygetel word) gedompel het. Die voorgangers se sondes het arrogansie ingesluit en daarmee saam die gedagte dat die Westerling superieur is en die vreemdeling, vernaamlik die Afrika-inwoner, minderwaardig. Dit was ‘n gruwelike godslastering. Maar daar was ‘n heilsplan vir die verlore Westerling.

Die idee was dat die blanke sy eie godepotensiaal vervul het en dat die bantoe dit eweneens sal doen as hy net die ruimte vir ‘n aanloop gegun word. Enige blanke geluide oor kultuurgebreke en etniese verskille was brandstapelsake. Die geloofsverraaier moes verdelg word! Die balanse in Elisium moes herstel word! Die verguisde gode moes opgehef word! Die hele godedom moes gemobiliseer word in dié edele onderneming en daarvoor was dit nodig om te beklemtoon presies hoe pateties, agterlik en verkleineer die godsgenote in Afrika gelaat is deur westerse gierigheid en ongevoeligheid. Daarom dan dat, in hierdie selfgeselende manie, Achebe se werkie oor Onkonkwo – hy wat soos ‘n hond begrawe is – met soveel prewelende eulogieë ontvang is.

Die Afrikaan, buiten die bygelowige afgodeslaaf wat hy is, is ook ‘n pragmatiese oorlewer. Hy het gou geleer om  openbare selfbejammering na waarde te skat. Vandat hy vir die eerste keer die wonderwerke van Westerse tegnologie aanskou het – in “Things fall apart” is dit ‘n fiets – sou die Bantoe nooit weer rus hê in sy primitiewe paradys nie. Kinderlik betower deur krale en blinkware moes hy dit hê, dit alles, nie net die fiets nie maar ook, later, die motor, die vliegtuig, die ontwerpersjeans en die stereostel, ja, maar ook die masjiengeweer, die mortier, die vuurpyllanseerder en die pantserkar wat sy stamkonflikte tot ‘n hele nuwe, opwindende dimensie sou neem.

Maar, sou hy uitvind, selfs in Elisium moet daar vir die dekor en die rekwisiete betaal word. Afrika het rykdomme, natuurlik, goud en olie en landbouprodukte, maar dit het skaars die gulsige bankrekeninge van ‘n indrukwekkende lys diktators versadig en die res van die swart vasteland so arm soos Onkonkwo se stat gelos. Om soos ‘n god, ‘n witman, te leef, sou die inboorling van Afrika iets anders moes kry om te verhandel. Hy was nie kultureel toegerus of vindingryk, skrander en geduldig genoeg om rykdom te versamel nie. Maar hy kon selfbejammering verbou en het ‘n groot, ryk en oneindig simpatieke mark daarvoor gevind. Dit het die patroon geword: Die Afrikaan sal tjank en verwyt en die witman sal sy hand in sy beursie steek. Hy doen dit al meer as ‘n eeu lank en dit werk elke keer.

Booker T. Washington, ‘n intelligente Negerleier van die negentiende eeu, het van hierdie handel in volksmart as ‘n siekte gepraat: “Daar is ‘n ander klas van gekleurde mense,” het hy gesug, “wat daarvan ‘n besigheid maak om die probleme, die onregte en die swaarkry van die Neger ras voor die publiek te hou. Nadat hulle geleer het dat hulle in staat is om ‘n lewe te maak uit hulle moeilikhede, het hulle hulleself gevestig in die gewoonte om hulle onregte te adverteer – deels omdat hulle simpatie wil hê en deels omdat dit lonend is. Party van hierdie mense wil nie hê dat die Neger sy griewe sal verloor nie want hulle wil nie hulle werke verloor nie… Daar is ‘n sekere klas beslegters van rasseprobleme wat nie wil hê die pasiënt moet gesond word nie want so lank as wat die siekte uithou, het hulle nie net ‘n maklike manier om ‘n lewe te maak nie maar ook ‘n maklike medium waardeur hulle hulleself prominent voor die publiek kan maak.”

Hierdie krankheid is vandag nog net so lonend. Bantoes verlustig hulleself nog ewe ywerig in hulle eie verliese en vernederings. So is Cassinga Dag, die hoogheiligste vakansiedag op die Namibiese kalender, insiggewend genoeg nie die viering van ‘n grootse militêre oorwinning nie maar van ‘n verpletterende neerlaag wat hulle aan hande van die Suid-Afrikaanse Weermag in die tagtigerjare gely het.

Variasies van hierdie tema word opgeneem in Drum Magazine se uitgawe van 11 Januarie 2007. Daarin word afgeskop met ‘n reeks waarin hulle pronk met 100 hoogtepunte uit “swart mense se bydrae aan die wêreld.” Van hulle presteerders sluit in die Zoeloe hoofman, Bambatha, wie se rebellie nek omgedraai is deur die Engelse in Natal; diverse Nigeriërs wat hulle land amper in ‘n burgeroorlog verwoes het; Emmett Till, ‘n Neger wat in Mississippi vermoor is; arm Negers wat in die “skrikwekkende Tuskegee eksperiment” besmette bloed ingegee is sodat wetenskaplikes vir ‘n kuur vir sifilis kon soek; Rodney King wat deur Los Angeles se polisie-paaiboeilies opgefoeter is en die swart marsjeerders wat tydens Bloedige Sondag in Selma, Alabama geskiet is.

(Twee militêre triomfe word wel genoem. Een daarvan is die verdrywing van die Italianers uit Ethiopië. Veelseggend genoeg verswyg die kopieskrywers dat dit inderwaarheid die Suid-Afrikaanse leër, hoofsaaklik deur Afrikaners beman, wat die bakleiwerk vir Selassi se oorwining gedoen het. Die skrywers voer ook aan dat die genoemde Bambatha rebellie wel verpletter is maar dat dit die saad gesaai het vir die toekomstige ANK gewapende stryd. Mislukking is gevolglik gebore uit nederlaag.)

Die Bantoe se onvermoeide bondgenoot in hierdie smartryke dwepery is die moderne westerse pers.  DSTV het drie rolprente met moderne Afrika-temas bymekaar gehark vir wat hulle ‘n “filmfees” noem. ‘n Gewigtige stem intoneer in die lokprent: “In 1955 is 30,000 mense uit hulle huise in Sophiatown gesit. Die wêreld het weggekyk.” Dit om die rolprent “Drum” mee te adverteer. “Hotel Rwanda” trek in dieselfde juk en die verteller dreun: “In 1994 is 800,000 mense wreed in Rwanda vermoor. Die wêreld,” herhaal hy weemoedig, “het weggekyk.”

Wat hom by “Country of my skull,” gebaseer op Antjie Krog se skuim-om-die-mond verslag van die WVK, bring. Dit moet die klimaks wees in die advertensie. Hierdie is ‘n apartheidsfliek en apartheid is mos die klimaktiese sonde van die mensdom. Maar hoe vergelyk jy die Nasionale Party se paternalisme met die Hoetoes se bloedige kranksinnigheid? Daar was reeds ‘n progressie van 30,000 ontseteldes tot 800,000 uitgewisdes. Maar hoe oortref jy amper ‘n miljoen mense wat aan stukke gekap is deur hulle bure? Vir ‘n DSTV kopieskrywer is daar geen sprong in logika te hoog of te ver nie. “In vyf-en-veertig jaar van apartheid,” jodel die verteller, “is 19 miljoen mense verontmenslik.” En, reg geraai, die wêreld het weggekyk.

Daar het ons dit: Verwerping! Massamoord! Verdrukking! Dit is – alles! – goud, of ten minste dollars en ponde en euros, werd, en rande; baie, baie, baie rande. O rykdom van ellende! Selfs Afrika se grootste en heiligste held, Rolliesjlasjla Mandela self, se roem is ‘n vaandel wat nie uit die weefwerk van ‘n grootse oorwinning of ‘n briljante veldtog gesny is nie. Hy, die middelmatige leier van ‘n onbeholpe terroriste-organisasie, is as superheld verhef omdat hy gevang en vir die grootste deel van sy produktiewe lewe in die tronk gestop is. Elkeen van sy tienduisend dae in die gevangenis was uiteindelik honderde miljoene rande werd.

Rande vir trane ten spyt, daar is niks onbenullig aan die swaarkry van die inboorling van Afrika nie. Maar ook op lyding het hy nie patentreg nie. Ek dink aan ‘n ander volk wat verpletter is deur ‘n veel groter een, ‘n gulsige en ongenaakbare nasie. Maar hierdie verbryselde volk het nie ‘n industrie van hulle smart gemaak nie. Hulle het eerder met waardigheid en onbuigbare vasbeslotenheid hulleself en hulle land opgehef uit hulle nasionale ellende. Ek weet, ek weet: Omdat die Afrikaner dit reggekry het, is dit geensins gewaarborg dat enige swart nasie hom dit kan nadoen nie. Maar dit gee vir ons die reg om te verwag dat die Bantoe van êrens die trots sal ontwikkel om op te hou om homself so te bejammer begin om sy gewig te trek. Hy moet besef dat sy verlustiging in sy eie smarte ‘n snoeiskêr is wat aan sy wortels lê en hom sal verhoed om ooit selfstandige vooruitgang te beleef.

Afrika se smarte is juis ‘n bedryf wat sy glans verloor. Dit was lonend in ‘n tyd wat die Weste die mag en die vryheid gehad het om neerdalend vrygewig te wees. Maar daar kom ‘n nuwe era, ‘n Götterdämmerung van die Westerse kultuur in die gloed van die verrysing van die Ooste, en die blanke sal verbete moet veg vir sy eie oorlewing. En dan sal hy nie die geduld of die geneigdheid oorhê om vir die smartsug van ‘n vreemde ras te betaal nie. Die Afrikaan sal sy eie heil moet uitwerk, sy eie weg op ‘n mededingende planeet moet vind. Maar so lank as wat hy daardie skisofreniese skepsel is – half primitiewe tradisionalis, half moderne leë dop; half verflenterde kaalvoetklonkie, half novus negro, die nuwe knipogende, flinkvoetige, pittige, selfvoldane maar onbeholpe swartman – sal hy nie die aansporing hê om sy eie voortreflikhede te ontdek en, oneindig belangriker, om sy eie tekortkominge te konfronteer nie.

Die gevaar is dat die Afrikaan uiteindelik verswelg sal word in sy verlustiging in sy eie smarte. Die logo van die Nuwe Suid-Afrikaner het ‘n swartman geword wat uit sy M-klas Benz klim, kruk in die een hand en bedelhoed in die ander. Een swartman, die Amerikaanse skrywer Keith Richburg, het darem die intellektuele eerlikheid gehad om na nadere kennismaking met Afrika te skryf: “Dank God hy [sy voorvader] het uitgekom [as slaaf uit Afrika na Amerika.]” As die swart Suid-Afrikaner ewe eerlik sal wees, moet hy prewel: “Dank God vir apartheid, vir verkleinering, vir verdrukking, vir diskriminasie. Dit het my veel ryker gemaak as wat ek gedroom of verdien het.”

Die Afrikaner wat wag dat die Bantoe uiteindelik sal afsien van sy smartsug sal oud word sonder om dit te beleef. Uiteindelik sal hy besef dat daar nie genoeg geld in die heelal is om die swartman van sy selfbejammering te laat afsien nie. Die Afrikaner sal om hom kyk en sien hoe hierdie selfvernietigende aanspraak op lyding ‘n eens trotse en welvarende land afgetakel het tot net nog ‘n stowwerige Afrika-mislukking. En dan sal hy gaan. Hy sal ‘n deel van die land vir homself afbaken en die swart stamme los om by mekaar te neul oor hulle swaarkry.

En oorblyfsels van Suid-Afrika sal weer word soos die Afrika van Onkonkwo waar ‘n grootman sy pleegkind met ‘n panga kan doodkap omdat hy glo die toordokter het so gesê. Die kind sal vergeefs in sy sterwensnood vir geregtigheid uitroep. Daar sal niemand wees om hom jammer te kry nie.

сколько стоит циклевка паркетаЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.