Veiligheidsagentskappe gaan aan ‘n hoëvlakondersoek blootgestel word nadat pres. Jacob Zuma se toespraak deur aktiviste ontwrig is.
Zuma het Saterdagaand by die Verkiesingskommissie se uitslaesentrum in Pretoria sy toespraak gelewer toe vier swart vroue het op die verhoog hul plakkate vertoon het.
Die protes het glo gehandel oor ‘n saak van verkragting teen Zuma tien jaar gelede. Die president is in 2006 op dié aanklagte vrygespreek.
Die Minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo, sê ‘n volledige verslag sal meer duidelikheid gee oor ‘n moontlike sekuriteitsbreuk.
Intussen is ministers glo woedend vir Nosiviwe Mapisa-Nqakula (foto bo), die minister van verdediging, wat hulle beweer verantwoordelik is vir die verleentheid in haar hoedanigheid as hoof van die kabinet se sekuriteitsgroep.
Hulle sê Mapisa-Nqakula het “uitverkoop” aan die OVK wat die veiligheid tydens die toespraak moes hanteer.