Uganda se president mik vir lewenslange termyn

Deel op

Pres. Yoweri Museveni (foto bo links, in die geselskap van Barack Obama) word volgens Uganda se grondwet verbied om homself opnuut verkiesbaar te stel, maar indien die parlement besluit om die klousule rakende ouderdom te verwyder, kan hy “lewenslange” president word.

Museveni is al drie keer herverkies in verkiesings waartydens beskuldigings van knoeiery telkens opklink.

Amptenare van Uganda se regerende party wil die ouderdomsperk op dié land se presidentskap ophef sodat pres. Yoweri Museveni, wat reeds dekades lank regeer, hom weer verkiesbaar kan stel, het ’n woordvoerder gesê.

Museveni, wat in 1986 met geweld aan bewind gekom het, is in Februarie vanjaar herkies. Sy huidige termyn verstryk in 2021.

Die president wat later vanjaar 72 word, het steeds ‘n ystergreep op die land.

’n Groep partyamptenare­ het onlangs in ’n versoek­skrif aan Museveni gevra dat die ouderdomsperk opgehef word, het Don Wanyama, ’n woordvoerder van die presidensie, verklaar.

Die regerende party het ’n oorweldigende meerderheid in die parlement en sal waarskynlik sonder veel teenkanting só ‘n besluit aanvaar kry.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.