Zim Sondag in duisternis na groot kragonderbreking

Deel op

Zimbabwe was Sondag donker na ‘n groot kragonderbreking veroorsaak is deur die meeste energie-eenhede onklaar geraak het.

Krag het omstreeks 15:00 afgegaan voor dit in sommige dele van die land herstel is drie uur later, terwyl die oorblywende gebiede eers ses uur later weer elektrisiteit gehad het.

Die kragvoorsiener ZESA Holdings het gesê: “ZESA Holdings wil graag sy gewaardeerde kliënte adviseer landwyd van die verlies van krag vir die meeste dele van die land vanmiddag weens ‘n stelselversteuring.

“Die onbeplande kragonderbreking was te wyte was aan ‘n stelselversteuring wat gelei het tot ‘n verlies van ‘n eenheid by Kariba-kragstasie, vier eenhede by Hwange-kragstasie, klein eenhede, invoer van Mosambiek, en die Zambiese interkonneksie, wat gelei tot die versteuring van die nasionale elektrisiteitsnetwerk.”

Zimbabwe sukkel met ‘n bytende energiekrisis en het meer as 2200 megawatt (MW) nodig terwyl invoere en plaaslike sentrales die land se 1355MW tans lewer.

Die land voer 300 MW se krag van Suid-Afrika se Eskom in, tussen 100 MW en 185MW van Mosambiek, en 100 MW uit die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Die Karibakragstasie se uitbreidingsprogram sal na verwagting voltooi word teen 2018, en sal 300 MW voeg by die nasionale netwerk.

Die aanleg is slegs 40 persent voltooi. Daar is ook die Batoka Hydro Station, ‘n kragprojek wat 2400MW sal genereer.

Verskeie maatskappye is op soek na lisensies om sonkrag-projekte in die land te loods.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.